advertisement
Question
Posted by: Lewis | 2008/09/22

Ontlasting

Met my ontlasting kom daar suiwer bloed uit - Wat kan die oorsaak wees ? Moet ek ' n dokter gaan sien.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lewis
Bloed in stoelgang is NOOIT normaal nie, aambeie is die algemeenste oorsaak maar veroosaak gewoonlik net 'n bloed blerts op die toiletpapier. As die bloed teen die bak spat, met die stoelgang meng of meer as 'n eetlepel vol is moet jy liewer so gou moontlik 'n dokter sien. Dit kan tekens van infeksie, inflammasie, poliepe, divertikulitis of kanker wees.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Erica | 2016/03/29

Goeienaand, ek hoop hier is iemand wat my dringend kan help? My man het vanmiddag begin kla dat hy erge maagkrampe het. Hy het ook genoem dat sy maag die laaste paar dair baie hardlywig was. Ek het vir hom buscopan gegee vir die krampe en so amper 2ure later n glyserine setpil vir die hardlywigheid. Die krampe is baie erg en tee 10 uur vannag het ek vir hom 10ml van my seuntjie van 5 se koors en pyn stroop gegee. Dit het die pyn ligter gemaak, en sy maag het begin wetk. Nou 02h15 in die oggend is sy krampe weer terug. Daar is bloed in sy stoelgange. Hy word ook naar by tye. Hy weier dat ek hom ongevalle toe moet vat. Kan ek hom iets anders gee en wat veroorsaak hierdie ongelooflike ongemaklike pyn vir hom?

Reply to Erica
Posted by: Anonymous | 2015/11/12

Hi Ek het vir so jaar al vreeslik maag krampe. Word snags wakker daarvan en die laaste ruk hardlywig ook. Nou sien ek daar is soos stukke bloed goed in my stoelgang. Wat kan fout wees.

Reply to Anonymous
Posted by: Jessica | 2015/08/18

Hi ek het all n paar keer bloed gepoef en dit is nie net op die toilet papier nie dis in die bak se water partykeer pyn my maag en eks baie gewarried oor dit my ma het altyd net gese dis ambye tot dat ek haar gewys het.Wat kan dit wees en wat kan ek doen?Eks net 15.Help asb.

Reply to Jessica
Posted by: Anonymous | 2015/06/09

My maag werk normaal, maar die afgelope 3 dae as ek afvee is dit net skoon helder bloed, wat kan die gevolg of oorsaak wees?

Reply to Anonymous
Posted by: mandy | 2015/01/26

Ekt maagwerking dat my maag werk en dis net skoon bloed orals wat kan ek doen is baie gewory oor die bloed

Reply to mandy
Posted by: wil help | 2008/09/30

Hi Cellie,
Jong ek dink as jy n antwoord wil he van die expert moet jy n nuwe mail pos. Ek glo nie die dokter gaan terug na vorige vrae om te sien of daar iets bygekom het nie...ek dink in elk geval so, en wil nie he jy moet uitkyk vir n antwoord wat nie gaan kom nie...groete!

Reply to wil help
Posted by: Cellie | 2008/09/28

Goeiedag. Ek het nou vir die afgelope 3 dae pyne en krampe op my maag. Baie geswel ook. My maag werk en is loperig. Vanoggend die 3de dag het ek opgemerk daar is bloed saam met my ontlasting, dis definitief nie aambeie nie. Ek is ook naar. Met die vorige dae se maagwerkings het ek opgemerk daar is ook slym in, maar het my nie te veel gesteur daaraan nie, maar is redelik bekommerd oor bloed. Ek het in 1999 ' n dikderm operasie gehad waarvan hulle 60cm moes afsny, hy was spasties en ek het geen opelyf gehad nie. Presies 2 jaar daarna moes hul weer opereer toe daar ' n gat in my dikderm was en my dunderm daarin beweeg het. Maar van daaraf het ek nie werklik probleme gehad nie, behalwe laat my maag maar nog die hele tyd baie sensitief bly en geswel is. Ek sukkel ook met lae rugpyn, partymaal so laat ek nie eers uit die bed kan opstaan nie. Help asseblief.

Reply to Cellie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement