advertisement
Question
Posted by: Babsie | 2010/08/18

Ontbytkos

Goeiemore
Is die volgende ontbtytkosse goed om te eet vir gewigsverlies? Maltabella Pap(40g)(Uncoocked), Oats(40g) uncoocked), of 2 eiers? Ek eet dan 2 provitas met kaas vir vir " snack"  asook ''n vrug. Vir middagete eet ek 2 snye volgraanbrood met ham en slaai.Weer ''n vrug vir ''n snack en in die aande my vleis,groente,stysel en ''n slaai en bakkie jogurt vir nagereg.Is hierdie dieet voldoende vir gewigsverlies? Dit voel vir my of dit te veel is? Ek is 1.6m lank en weeg 64kg. ek is baie fyn gebou en wil graag 55kg weeg.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Babsie
Algemeen gesproke is die dieet wat jy beskryf relatief gebalanseerd. As jy die Maltabella pap (hoë-glisemiese indeks of GI) saam met lae-vet of vet-vrye melk of jogurt eet, om die GI te verlaag, dan kan jy dit wel gebruik. Dieselfde geld vir hawermout. Twee eiers op 'n slag is te veel cholesterol, probeer om liewer net een te eet en ook nie elke dag nie. Kombineer dit met 'n sny geroosterde lae-GI brood. Gebruik lae-vet maaskaas vir jou versnaperings. Maak ook seker dat die porsies wat jy saans eet nie te groot is nie en dat jy so min vet as moontlik gebruik vir die voorbereiding (bv. geroosterde vleis of vis). Gebruik ook lae-vet of vet-vrye jogurt om die energiewaarde te verlaag. As jy die 3 porsies melk, maaskaas of jogurt elke dag kan inneem, sal dit goed wees want volwasse vrouens het 1200 mg kalsium per dag nodig on hulle te beskerm teen bros bene en toekomstige osteoporose. Jou huidige BMI = 25 (die boonste valk van normaal) en dit sal dus goed wees om wel 'n paar kg te verloor. Op 55 kg, sal jou BMI = 21,5 wat net onder die ideaal is.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/08/18

Beste Babsie
Algemeen gesproke is die dieet wat jy beskryf relatief gebalanseerd. As jy die Maltabella pap (hoë-glisemiese indeks of GI) saam met lae-vet of vet-vrye melk of jogurt eet, om die GI te verlaag, dan kan jy dit wel gebruik. Dieselfde geld vir hawermout. Twee eiers op 'n slag is te veel cholesterol, probeer om liewer net een te eet en ook nie elke dag nie. Kombineer dit met 'n sny geroosterde lae-GI brood. Gebruik lae-vet maaskaas vir jou versnaperings. Maak ook seker dat die porsies wat jy saans eet nie te groot is nie en dat jy so min vet as moontlik gebruik vir die voorbereiding (bv. geroosterde vleis of vis). Gebruik ook lae-vet of vet-vrye jogurt om die energiewaarde te verlaag. As jy die 3 porsies melk, maaskaas of jogurt elke dag kan inneem, sal dit goed wees want volwasse vrouens het 1200 mg kalsium per dag nodig on hulle te beskerm teen bros bene en toekomstige osteoporose. Jou huidige BMI = 25 (die boonste valk van normaal) en dit sal dus goed wees om wel 'n paar kg te verloor. Op 55 kg, sal jou BMI = 21,5 wat net onder die ideaal is.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.