advertisement
Question
Posted by: Ange | 2009/04/16

Onseker oor dr se diagnose

Hi dok

Ek was in Januarie by ' n internis gewees agv abdominale pyn. My GP het eers vermoed dis ' n maagseer maar blykbaar het ek net gastritis gehad. Die internis het klomp bloedtoetse en ' n buiksonar gedoen. Ek was, en is nogsteeds bekommerd oor my lewer. Ek het redelik alkohol gebruik op ' n stadium (by geleentheid) maar doen nie meer van Januarie af nie. Dit voel of my lewer letterlik pyn. Die pyn is aan my regterkant net onder my rib. Die internis was effens ontegemoetkomend met die gevolg dat ek nie baie vertroue in sy diagnose het nie. Hy het gesê  al my bloedtoetse was normaal behalwe dat ek " bietjie"  Gilbert sindroom het. Hy was glad nie bekommerd nie en het dit aan stres en angstigheid toegeskryf. Die buiksonar het ook niks snaaks opgelewer nie en my lewer was blykbaar normale grote. Ek het in Februarie opgehou rook en eet tonne vars vrugte, ' n lae vet dieet en ek het ook begin oefen. Party dae voel dit beter maar ander dae is die pyn weer erg. Ek het nie ' n mediese fonds nie en kan nie die heeltyd dr toe gaan nie. Die bloedtoetse en sonar en drs besoeke het al klaar so baie geld uit my uit. Die internis het net volgehou ek is te jonk om ernstige orgaan probleme te hê  (ek is 28, vroulik), maar dit voel vir my of hy my nie ernstig opgevat het nie en ek het die indruk gekry hy dink ek sit net aan. Hy het Cilift vir my voorgeskryf maar ek drink dit nie want ek voel nie depressief nie en ek wil nie pille drink wat dalk my lewer verder kan beskadig nie. Daar was onder andere ' n volbloedtelling, LFT en pankreas bloedtoetse gedoen en behalwe vir die " gilberts"  het hy niks snaaks opgemerk nie. Wat kan die pyn veroorsaak en kan die kamtige " gilberts"  dalk iets erger wees? Sal ernstige lewer siektes / abnormaliteite in ' n LFT en volbloedtelling wys? Ek voel nie moeg nie, is nie geel nie, glad nie geswel nie, eetslus is normaal, ek verloor nie gewig nie, ek het net hierdie pyn aan my regterkant die heel tyd. Blykbaar sal enige kanker / gewasse ook opgemerk kon word in die sonar, maar daar was niks, hy was baie tevrede met die sonar. Wat ek graag wil weet is: as daar ENIGSINS iets ernstigs verkeerd was, sou hulle dit opgetel het in die toetse wat gedoen is en op die sonar? Die pyn raak ook erger wanneer ek gaan draf - dit is drie keer per week. Asb, enige raad sal waardeer word. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ange
Gilbert sindroom is 'n skadelose oorerflike toestand waar pasiente effens verhoogde billirubien vlakke in die bloed het, maar andersins is die lewer funksie normaal (dit is agv 'n aangebore ensiemtekort - dit word erger as jy siek is of stress) As jou sonar skoon is, en jou lewerfunksie toets is normaal, is dit onwaarskynlik dat daar enige lewersiektes is. Die pyn kan verwysde pyn van jou maag af wees ( jy het dalk weer gastritis ) kyk of dit beter word as jy Mucaine drink?
Kyk of jy afskrifte kan kry van al die toetse wat hulle gedoen het dat jou huisdokter dit vir jou kan dubbel "check"
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Gerda | 2016/02/07

Hi daar ek is ook gediagnoseer met Gilberts. My galblaas is n jaar terug verwyde . Al die bene in my lyf pyn Konstand en my OE is ook baie geelsukkel ook baie met duisligheid. Was al vir toetse enkon niks behalwe Gilberts find nie. My Hui's dokter het gese Gilberts gee simtome soos rumatiek koors kan dit wees? Ek voel regtig meeste van die tyd sleg.

Reply to Gerda
Posted by: sharmain | 2009/07/28

Hi dok
ek was vir n galblaas verwydering na dat ek by my Gp was en vir verskei toetse ge gaan het, ek het baie pyn en voel nog baie ongemaklik hulle het my ge se ek het n vergeoote lewer en mult na my gastrope het hulle ge se daars niks vout wat hulle kan optel nie maar die pyn en die sweling bly nog daar my sonaar in april wys nog steets die vergrooting van my lewer en mult ek soek raat party dae kan ek nie eers regop sit nie van die pyn. my seun is nou gediagnoseer met Gilbert' s maar hy het nie pyn nie maar sy oe raak baie geel en sy sonaar wys net n vergroote mult gee my asb raad

Reply to sharmain
Posted by: Annie | 2009/07/21

Ek is gediagnoseer met osteoporose asook vergrote niere en dan het hulle gewasse aan my lewer gekry. Ek het ook geen mediese fonds nie is nou net op kalsium medikasie gesit die dr wil weer ' n sonar doen in Okt. Ek is net bekommered dit is moeilik om op te hou rook, het nou wel afgeskaal maar hoe kan ek dit vir eens en altyd weggooi ek rook al wel 23 jaar maar is nou meer as ooit vasbeslote om op te hou rook nou so 6 per dag

Reply to Annie
Posted by: Keen | 2009/04/17

Hi Ange

Gilberts sindroom is ' n baie werklike lewerprobleem en dit is heeltemal waarskynlik dat jy dit kan hê . Dit is nie gewoonlik pynlik nie, maar sommige mense wat ek ken wat dit het sê  hulle het soms pyn/ongemak. Het hulle na jou galblaas gekyk. As jy onseker is oor die diagnose, gaan vra dalk vir ' n 2de opinie by ' n gastroenteroloog. Hulle spesialiseer in lewer abdominale probleme en sal jou dalk meer gemoedsrus kan gee.

Reply to Keen

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement