advertisement
Question
Posted by: Hanneke | 2011/02/16

onnodige geswetery

Is is nou 37. Vir die afgelope 3-5 jaar sweet ek onnodig baie en my bloed is al getoets en alles is normaal. Van skildklier tot hormone en nog ander goed. Die dokter het my toe op Nuzak gesit wat my toe angsaanvalle en hartkloppings besorg, so by so, dat ek die pille gaan uitbrand het. Ek sweet erg op my kom, in my gesig, onder my borste en tussen my bene. Ek het dit verdra tot nou toe, maar die vet weet, wat te erg is, is te erg.
As ek my hare droogblaas, moet ek dit voor ''n waaier staan en doen. teen die tyd wat ek voor uit is, is my hare agter weer sopnat en die water loop teen my keel en borskas af. As ek stryk of skottelgoed was moet ek ook die waaier op my sit, want die water loop my af.
Soggens kan ek net die ketel aansit ek koffie maak, dan loop die sweet uit my kop en van my gesig af. Ek sit nou maar wydsbeen soggens en koffie buite op die stoep drink sodat my lyf net kan afkoel. Ek kan nie by die deur uit voor ek nie gestort het nie, en middae kan ek maar weer stort en droog aantrek, want ek is deurnat tot op my onderklere. Waar kan ek nog die probleem soek.
Ek sweet NIE onder my arms of in my hande en voete nie. Ja ek is ook effens oorgewig.. kan dit dalk ook ''n rol speel? Ek drink darem al baie minder koffie ook as wat ek gedrink het. Verder kry ek die 3 maandelikse voorbehoed inspuiting by die kliniek, nou al vir 9 jaar, As dit dalk die ''gevreesde'' oorgangsjare is wat my nou al bekruip het, hoe lank hou dit aan. Dit sal nogal lekker wees om dit ''n bietjie in te hok, want ek raak en is baie geirriteerd as ek so sweet. Dis nie lekker nie. Baie dankie en wag vir u antwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Hanneke
Jy is nog effens jonk vir oorgangsjare maar mens kry mense wat vroee menopause kry. Is jou esterogeen vlakke nog normaal? Probeer dalk Drichlor of Perspirex antiperspirant onder jou borste en tussen jou bene (wees gewaarsku - dis duur maar mens gebruik darem min op 'n slag). Vir kopsweet is dit moeiliker - pille soos Probanthine (newe effekte is droee mond, slaperigheid, moeilike urinering - maar mens kan dalk lae dosis probeer) of betablokkers mag help.
Laat jou dokter net mooi kyk of dit nie dalk agv 'n ander medikasie is wat jy neem nie (hier is 'n lys www.sweathelp.org/pdf/Diaphoretic_Class.pdf)
Sien ook http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmedhealth/PMH0004518
Hoop dit help
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Hilda de Klerk | 2011/02/22

Hi ek is 35 het 4 jaar terug `n historektomie gehad ek drink nuzak en 1 Ziak 5mg bloeddruk pil in die oggend. ek het bloedtoetse vir hormoon, suiker,insulien weerstand en yster gedoen alles wys reg. Ek probeer reg eet stap elke oggend 2,3 km ry perd maar ek verloor net nie gewig nie help my asb wat kan ek doen is dit dalk die pille wat ek drink wat teen mekaar werk of wat kan ek doen.

Reply to Hilda de Klerk
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/16

Hallo Hanneke
Jy is nog effens jonk vir oorgangsjare maar mens kry mense wat vroee menopause kry. Is jou esterogeen vlakke nog normaal? Probeer dalk Drichlor of Perspirex antiperspirant onder jou borste en tussen jou bene (wees gewaarsku - dis duur maar mens gebruik darem min op 'n slag). Vir kopsweet is dit moeiliker - pille soos Probanthine (newe effekte is droee mond, slaperigheid, moeilike urinering - maar mens kan dalk lae dosis probeer) of betablokkers mag help.
Laat jou dokter net mooi kyk of dit nie dalk agv 'n ander medikasie is wat jy neem nie (hier is 'n lys www.sweathelp.org/pdf/Diaphoretic_Class.pdf)
Sien ook http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmedhealth/PMH0004518
Hoop dit help
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement