advertisement
Question
Posted by: WVW | 2009/09/14

Onmiddelike onslag

Kan julle my dalk raad gee ek werk al vir die laaste 8 maande vir n maatskapy ek was siek die 17 &  18 Aug 09 ek het die voorman laat weet maar hy het dit nie aan die groot baas oor gedra nie toe ek die 19 Aug terug kom by die werk het hy my dadelik laat gaan sonder enige waarskuwing of my n kans gegee om my saak te stel nie ek het n dokters brief gehaat die unie het my gese om terug tekeer werk toe die 8 september ek het gegaan die 8ste &  die 9de sept ek is aan gestel as n semiskilled welder dit is wat ek doen toe ek terug keer mag ek nie meer weld nie en daar word vir my gese die 3 weke wat ek af was is suspend sonder betaling ek het die unie gebel en hulle het vir hulle n brief gestuur om te se ek sal die saak verder voer ek wil nou net weet wat my tedoen staan en of ek n sterk saak het hulle het my naam so sleg gemaak dat ek nou nie kan werk kry nie want ek bly in n klein dorpie. Ek het nog nooit n warskuwing gehaat nie nie mondelings of anders nie baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageLabour lawyer


re: Onmiddelike onslag



Dit is ‘n onregverdige arbeidspraktyk om ‘n werknemer se dienste op te skort sonder betaling. As u ook ‘n doktersbrief gehad het, is dit verder onregverdig om u op hierdie manier te straf vir afwesigheid, veral as u voorman nie die boodskap deurgegee het dat u afwesig gaan wees weens ongesteldheid en geen vorm van verhoor gehou nie.



Dieselfde geld vir die eensydige wysiging van u diensvoorwaardes en omstandighede wat op ‘n statusvermindering neerkom, en wat ook ‘n onregverdige arbeidspraktyk is.



Die aangewese prosedure is om eers ‘n interne grieweprosedure aanhangig te maak waarin u beswaar maak teen die opskorting sonder betaling en statursvermindering en vra dat u betaal word vir die tyd van opskorting en dat u in u vorige posisie teruggeplaas moet word. Indien die werkgewer dit weier of nie die griewe behoorlik aanspreek nie, kan u ‘n onregverdige arbeidspraktyk dispuut verwys. Ek vermoed dit sal na die Metal & Engineering Industries Bargaining Council moet wees. Onder andere kan u ook kompensasie eis vir die onregverdige arbeidspraktyke.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement