advertisement
Question
Posted by: Lucy | 2008/10/06

Ongesonde verhouding

Ek het ' n vriendin wie se kê rel verskriklik jaloers is, sy mag glad nie sonder hom uitgaan nie, nie eers met haar eie vriendinne of familie nie. Dit het veroorsaak dat sy vir hom begin jok oor waar sy is. Hy sal haar bel as sy nie by die huis is nie, (hulle woon nie saam nie) en as sy sê  waar sy is, dan ry hy soontoe om te sien of sy nie vir hom jok nie. Hy kom vreeslik oulik, vriendelik en liefdevol voor, maar is presies die teenoorgestelde wanneer hulle alleen is. Hy dwing haar ook om seks met hom te hê  teen haar wil, wat volgens my verkragting is. Sy het al vantevore die verhouding beë indig, maar hy het haar soortvan gedreig en gesê  dat sy nooit van hom ontslae sal raak nie, hy het nogsteeds by haar gekom en gebel gedurende die tyd. Nou is hulle weer saam, omdat sy dink sy gaan nooit van hom kan wegkom nie en uit vrees dat hy haar iets aandoen as sy nie by hom is nie.

Ek wil graag weet as haar vriendin hoe ek haar kan help om hom heeltemal te los en seker te maak dat hy haar nie kan seermaak nie. Kan sy hom aangee of ' n interdik teen hom kry?

Byvoorbaat dank vir die raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Sounds like excessive jealousy and insecurity on his side, which isn't the basis for a good long-term relationship. And it sounds as though the relationship is all about him and what he wants. As you imply, this sort of insecure and jealous guy can cause serious problems if she tries to end the relationship, and she will need advice closer to home about that, maybe even considering a court order / restraining order to discourage him from harming or contacting her. Nella makes sound sense, too

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Carla | 2008/10/06

Ek het ook ' n vriendin wat al vir jare in presies dieselfde tipe verhouding is. Klink vir my amper soos dieselfde persoon. Ek het haar aangeraai om ' n beskermingsbevel te kry, haar telefoonnommer te verander, op n ander plek te gaan bly en weet nie wat nog alles nie, maar sy doen dit nie, want sy se hy gaan haar in elk geval net weer opspoor en sy is bang vir wat hy aan haar gaan doen as sy die bevel kry. Ek het al begin dink dat sy eintlik daarvan hou dat hy so optree en dat sy die aandag en jaloesie geniet, want sy doen niks daaraan nie. Die ding is - sy moet self regtig wil wegkom uit die situasie en dan eers sal sy daadwerklik iets doen. Sy moet nie net maak of sy wil en by jou kla daaroor om jou aandag en simpatie te kry nie. Daar is werklik baie wat sy aan die situasie kan doen as sy werklik WIL.

Reply to Carla
Posted by: Nella | 2008/10/06

Sy kan ' n beskermingsbevel kry. Sy moet net by die plaaslike hof gaan aansoek doen daarvoor. Maar dan moet sy daarby hou en indien hy haar dan -|- ak moet sy die polisie bel en hulle sal hom toesluit. Andersins moet sy dalk net vir ' n kort ruk by jou kom bly en sy moet haar tel no verander en net gee aan jou haar ouers en haar werk vireers tot sy seker is sy is ontslae van hom. S iemand is siek maar hulle kry tog later die boodskap.

Reply to Nella

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement