advertisement
Question
Posted by: JM | 2010/05/27

Ongereelde menstruele siklus en verkleining van borste

Ek is ''n 32-jarige vrou en oor die algemeen gesond. Gebruik geen chroniese medikasie. Ek het nog geen kinders gehad nie.

Ek het ''n geskiedenis van ''n ongereelde menstruele siklus en gebruik tans geen voorbehoedmiddel nie. My liggaam het die afgelope twee jaar vreeslik verander met geen verandering in my dieet nie. Ek eet baie gesond en oefen plus minus 2 tot 3 keer per week vir ongeveer ''n halfuur.

Ek is 1.62 m lank en weeg 52.5 kg. Dus is ek glad nie oorgewig nie, maar my gewig het versprei. Ek het ''n 32 C bra gedra, maar my borste is nou nie eers ''n A " cup"  nie. Dit lyk behoorlik asof dit afgeblaas het en alhoewel my gewig onveranderd is, is my bene dikker, heupe breer ens. Wat kan die oorsaak wees van hierdie veranderinge?

Ek kry ook warm gloede en my siklus is nog vreemder as vantevore. Ek " spot vir 5 dae voor my eindelike maandstonde en dan vloei ek vir een dag baie swaar (dan het ek ongelooflik baie krampe - nogal seer en gebruik Naproxen vir die pyn) en daarna sal ek weer vir ''n verdere 4 tot 5 dae baie lig vloei. In die verlede het my borste groter geraak met menstruasie en was gevoelig, maar dit gebeur glad nie meer nie. My borste raak net al hoe kleiner.

Ek het ''n jaar en ''n half terug ''n vol hormoon profiel laat doen en my estrogeen vlakke laag en die FSH was onder normaal. Dit was twee weke later herhaal en toe was die estrogeen steeds laag, maar die FSH was toe darem net-net normaal. Ek het ''n afspraak by ''n ginekoloog gemaak en ''n papsmeer en sonar was gedoen, maar daar kon geen probleem gevind word nie.

Kan dokter my asseblief verwittig van wat die moontlike oorsake kan wees, veral hoekom my borste met geen gewigs verlies soveel kleiner kan raak.

Ek moet ook net noem dat ek ''n geskiedenis van nie-kwaadaardige knoppe in my borste het. Ek het ''n mammogram op 18 gehad en gaan gereeld vir ondersoeke. 3 jaar terug was ''n fyn naald aspirasie gedoen, maar dit was nie kwaadaardig nie.

10 maande terug het ek ''n nuwe knop ontdek en ek het ''n algemene chirurg konsulteer. Hy het weer ''n FNA gedoen, maar weereens niks. Hierdie knop is omtrent 2cm in deursnee en is rond en hard. Het nog steeds nie verdwyn nie, maar aangesien dit nie kwaadaardig was nie, het ek nog nie weer iemand daaroor gekonsulteer nie.

Ek sal dokter se terugvoering baie waardeer, want ek weet nie of ek bekommerd moet wees oor moontlike vroee menopause nie.

By voorbaat dankie

JM

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo JM
FSH is die hormoon wat die eierstokke stimuleer om esterogeen af te skei, so as dit laag is, sal die eierstokke ook nie genoeg esterogeen maak nie. Tipies met menopause is FSH verhoog. Dit kan dalk beteken dat jou pituitere klier in die brein nie reg werk nie. Jy moet egter ook na jou skildklier hormone kyk want dit kan die vroulike hormone ook beinvloed. PCOS (polisistiese ovaria) kan verhoogde androgene en prolaktien veroorsaak wat ook onreelmatige menstruasie en "vermanliking" tot gevolg kan hê - aknee, menstruasie probleme, harigheid en stemveranderinge.
As die knop in jou bors beweeglik is, en met jou siklus groter en kleiner word is dit waarskynlik 'n skadelose fibroadenoom, maar hou maar dop, en laat doen sonar/mammogram as dit groter word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/04/16

Goeie dag. ek is 20 jaar oud. ek het vir 3jaar die voorbehoed inspuiting (3maande spuit)gebruik. ek is nou al 7 maande daar sonder. ek het skielik my period gekry en is nou al vir 3weke siek. Ek wil graag weet is dit die inspuiting wat uit trek of is dit iets ernstig en wil nie spoke op jag nie, dis hoekom ek nog nie by die dokter was nie Ek hoop dr. reply so gou as moontlik. Vriendelike groet

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2014/12/29

ek is n 19 jarige raak oor 2 weke 20. ek het baie pyn met my siklus al vanf 13 jaar oud af. my siklus is ook baie ongewoon ek is vir n week lank siek dan n week later raak ek weer siek ek het reeds n dokter gaan sien maar hy kan my eers ondersoek as my maandstonde gestop het, wat rerig seker net n paar dae in die maand is. enige een wat weet wat om in so n situasie te doen laat weet my a.s.b. dit begin irriteer my nogal om so aanhoudend te vloei

Reply to Anonymous
Posted by: Cyberdoc | 2010/05/27

Hallo JM
FSH is die hormoon wat die eierstokke stimuleer om esterogeen af te skei, so as dit laag is, sal die eierstokke ook nie genoeg esterogeen maak nie. Tipies met menopause is FSH verhoog. Dit kan dalk beteken dat jou pituitere klier in die brein nie reg werk nie. Jy moet egter ook na jou skildklier hormone kyk want dit kan die vroulike hormone ook beinvloed. PCOS (polisistiese ovaria) kan verhoogde androgene en prolaktien veroorsaak wat ook onreelmatige menstruasie en "vermanliking" tot gevolg kan hê - aknee, menstruasie probleme, harigheid en stemveranderinge.
As die knop in jou bors beweeglik is, en met jou siklus groter en kleiner word is dit waarskynlik 'n skadelose fibroadenoom, maar hou maar dop, en laat doen sonar/mammogram as dit groter word.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement