advertisement
Question
Posted by: Annie | 2012/03/20

ongereeld menstruasie

Hi dok.
Ek is 33 jaar oud. My menstruasie was altyd (ouderdom 13-27) so tyssen 27 en 30 dae uitmekaar, toe was ek ongeveer 6 jaar op die pil eers (triphasel later minesse) en ek was presies 28 dae (soms n halwe dag laat of vroeg. Dit het aangehou ook nadat ek die pil gelos het. Ek het swanger geraak (8 maande na ek pil gelos het) 2 jaar gelede, tydens borsvoeding op die pil was my periode elke twee weke. Ek het die pil gelos 6 maande na baba se geboorte (n jaar gelede) en aanvanklik was ek terug op 28 dae. Die laaste ongeveer 5 maande wissel dit tussen 24 en 28 dae.

Is daar iets om oor bekommerd te wees dat dit skielik weer wissel? En omdat my periode nou korter is.
Ek wil baie graag weer swanger raak. Is korter periodes rede om te glo ek gaan sukkel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Annie

Al wissel jou menstruasie met 'n paar dae, is ek seker dat jy ovuleer. Indien jy onseker is daaroor, kan jy jou apteker vir ovulasie toets stokkies vra. Sodoende sal jy kan vas stel of jy wel ovuleer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement