advertisement
Question
Posted by: Zee | 2008/09/03

Ongemaklike maag

Goeie dag Dokter

Ek het nou al vir ' n week lank ' n seer maag. Ek het nie krampe en vreeslik pyn nie, dis net effens seer en ongemaklik. Ek voel heeltyd opgeblaas en soms naar veral as iets teen my maag druk. Ek is ook winderig. Saam met dit gaan my maag ook omtrent elke dag en dit loop soos water.

Ek drink Imodium en het Buscopan ook gedrink vir die seerheid, maar dit voel vir my of niks werklik help nie. Het Dokter dalk vir my ander raad en wat is die oorsaak hiervan.

Byvoorbaat dank

Zee

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Zee

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit is moontlik dat jy 'n infeksie in jou derm het en daarom stel ek voor dat jy 'n dokter besoek, sodat 'n MC&S ontleding van jou stoelgang geneem kan word. Sodra hy/sy die uitslae kry, kan die korrekte behandeling begin word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement