advertisement
Question
Posted by: JJ | 2010/01/27

Ongemakilike pyn in blaas area

Hi Dok

Ek is tans besig met voorbereiding vir die comrades, maar kan nie voluit oefen nie. Indien ek hardloop kry ek ' n ongemaklike pyn in die blaas area. Plate en sonar wys niks, ons het gedink dit is dalk ' n breuk. Dit is ook met tye seer wanneer ek sit en dan weer regop staan. Ek kan wel swem en fietsry met geen probleme nie. Dit is ook soms seer indien die blaas vol is. Dit gaan nou al so vir 6-8 weke.

Is dit moontlik n lekasie iewers ? Indien dit wel hoe kry ek dit herstel ?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo JJ
Ek weet nou nie of jy vroulik of manlik is nie - as jy vroulik is, dink ek mens moet ook 'n ginekologiese ondersoek doen. Dan dink ek ook mens moet dalk 'n uroloog gaan sien as al die toetse normaal is, om dalk 'n scope ( ondersoek met 'n kameratjie in die blaas onder narkose) te doen om te kyk of daar dalk 'n probleem in die blaaswand is. Dit mag ook sinvol wees om 'n fisioterapeut te vra om te kyk, soms kry mens 'n verwysde pyn in die bekken agv spierspasmas/triggerpoints in die diep bekken spiere (nogal moeilik om te diagnoseer)Sien
http://www.ehow.com/about_5526447_pelvic-muscle-pain.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/01/27

Hallo JJ
Ek weet nou nie of jy vroulik of manlik is nie - as jy vroulik is, dink ek mens moet ook 'n ginekologiese ondersoek doen. Dan dink ek ook mens moet dalk 'n uroloog gaan sien as al die toetse normaal is, om dalk 'n scope ( ondersoek met 'n kameratjie in die blaas onder narkose) te doen om te kyk of daar dalk 'n probleem in die blaaswand is. Dit mag ook sinvol wees om 'n fisioterapeut te vra om te kyk, soms kry mens 'n verwysde pyn in die bekken agv spierspasmas/triggerpoints in die diep bekken spiere (nogal moeilik om te diagnoseer)Sien
http://www.ehow.com/about_5526447_pelvic-muscle-pain.html
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement