advertisement
Question
Posted by: Liezel | 2011/01/09

Ondersoek - " Obese" 

Goeie dag,
Ek het begin Desember vreeslik hoofpyn gekry en naar geword ek het ook n koors van 38 gehad. Na 3 dae was dit nie beter nie en ek het my dokter gaan sien. Sy het bloed laat trek en getoets en vir my gesê  ek het inflamasie. Ons het ook my skildklier en suiker getoets. My skildklier is onderaktief en my suiker hoog. Ek is ook tans ''n jaar en drie maande van die pil af en drink gluchopage vir insulienweerstandigheid. Ek weeg tans 101 kg en is 1.64 lank eb 34 jaar oud. Ek is baie depresief oor my gewig. Ek wil graag iemand gaan sien wat al hierdie faktore in ag kan neem en vir my die regte advies kan gee. En indien nodig die regte toetse kan laat doen. Ek ken al die moets en moenies van dieet maar nog steeds is daar geen sukses

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liezel
Ek is jammer om te hoor dat jy so siek was. Hopelik is die inflammasie nou genees. Dit is essensieel dat enige persoon wat aan insulienweerstand of diabetes ly, 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Jy kan ook boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com kan aankoop vir R100.00. Indien jy dokter toestemming gee, sal dit ook help as jy kan begin meer aktief wees (bv. swem, fietsry of flink gaan stap), aangesien insulienweerstand goed reageer op daaglikse oefening, maar gesels eers met die dr en vra vir haar watter soort oefening jy mag doen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/01/10

Beste Liezel
Ek is jammer om te hoor dat jy so siek was. Hopelik is die inflammasie nou genees. Dit is essensieel dat enige persoon wat aan insulienweerstand of diabetes ly, 'n geregistreerde dieetkundige moet spreek vir 'n individuele dieetvoorskrif. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n lae-vet, lae-GI (GI = glisemiese indeks) dieet. Verder kan jy op klik ook op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en dan op 'The Glycaemic Index' om artikels oor hierdie onderwerp te lees. Jy kan ook boeke bestel soos "The South African Glycemic Index & Load Guide" deur Gabi Steenkamp en Liesbet Delport wat jy op die Webwerf van die “GI Foundation” by: www.gifoundation.com kan aankoop vir R100.00. Indien jy dokter toestemming gee, sal dit ook help as jy kan begin meer aktief wees (bv. swem, fietsry of flink gaan stap), aangesien insulienweerstand goed reageer op daaglikse oefening, maar gesels eers met die dr en vra vir haar watter soort oefening jy mag doen.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.