advertisement
Question
Posted by: LC | 2009/02/05

ONDERAKTIEWE SKILDKLIER (dringend asb!!!

Nadat ek geboorte geskenk het aan my pragtige dogtertjie 18 maande gelede en geborsvoed het, het ek binne 2 maande al my swangerskap gewig verloor. Toe daarna het ek alles net so vinnig weer opgetel, ek borsvoed steeds. Ek het my skildklier laat toets en het ek ' n onderaktiewe skildklier. Ek gebruik tans Eltroxin vir 2 maande sonder sukses. Die laaste 2 weke het ek en my man albei gaskoeldranke uitgesny en lewe ek net van sop, slaaie en vrugte en groente. My man het al 6 kilogram verloor en ek het 1 opgetel. EK is raadop, en raak al depressief hieroor. Nou lees ek van Teltroxin, moet ek dit saam gebruik of watter raad het u vir my. Ons gaan oor ' n maand see toe en wil ek nie met langbroeke en hempde daar rondloop nie. As ek nog 2 kilogram optel dan is ek 9 maande swanger. Ek het nog nooit ' n probleem met gewig gehad nie. Help my groot asseblief. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste LC
Dit vat ongelukkig taamlik lank vir die hormoonaanvulling om te werk. Gewoonlik neem dit tot 3 maande. As jy nog geen verbetering sien nie na 2 maande, moet jy asb die dr wat jou vir die skildklierprobleem behandel. weer gaan spreek want dit is moontlik dat jou dosis aangepas moet word. Moet onder geen omstandighede peuter met self-medikasie want die skildklier is een van die belangrikste kliere in die liggaam - as iets daarmee verkeerd gaan, kan dit jou hele lewe beïnvloed. Ek dink nie dat jy jou dogtertjie van 18 maande nou moet borsvoed nie as jy so 'n minimalistiese dieet inneem, want jy sal 'n kalsiumgebrek opdoen. Probeer tog ook om elke dag aërobiese oefeninge te doen om jou metabolisme te help stimuleer.
Maar gaan sien asb weer die dr.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: CB | 2009/02/06

Hi.

Ek het ook na my baba se geboorte baie gewig aangesit en het n endocrinoloog gaan sien en is gediagnoseer met n skildklier en cholesterol. Sy het Eltroxin voorgeskryf vir die tiroied maar my na n dieetkundige verwys vir die cholesterol. Die dieetkundige het niks voorgeskryf nie en het voorgestel ek begin oefen en eet reg.

My vraag is: Sal die tiroied en my cholesterol na normaal terugkeer as ek alles doen (dieet en oefen) en gebruik (eltroxin) wat voorgeskyf is. Ek het gelees op die internet dat dit nooit werklik teurgkeer na normaal toe nie en dit is nogal " scary" .

Die dr het my vir 2 maande op Eltroxin gesit. Is dit goed of sleg. Sy wil my weer na 6 weke sien. Beteken dit dat dit nie so erg is nie, of wat?

Adviseer asb

Dankie

Reply to CB

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement