advertisement
Question
Posted by: M | 2012/05/29

onderaktiewe skildklier

Hi, ek wil net graag weet watter dieet kan ek volg vir my skildklier, wat mag ek eet en nie, en wanneer mag ek eet en nie eet nie... ek weeg nou 51kg en is 1.65 m lank maar ek wil maar voorkom dat ek nie gewig optel nie, eerder verloor as optel..ek is op skildklier medikasie, eltroxin.. ek eet nie regtig ongesond nie maar ek verkies om in die aande nie iets te eet nie, want ek voel bloated die volgende oggend, ek sal bv ietsie kleins eet soos yoghurt of so ietsie.... op ''n tyd, met my maagseer, kon ek net oats eet want dit brand nie my maag nie, sal ek gewig optel as ek so baie oats eet of as ek oats eerder in die middag eet as in die oggend..skies vir al die vrae wil maar net dood seker maak... ek draf ook elke oggend 7km en trap fiets vir of 20min of 30min en dan in die aande gaan doen ek spinning, is dit teveel oefening?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste M
Aangesien jou huidige BMI = 18.8 wat in die anoreksies reikwydte val, behoort jy eerder gewig op te tel as om te verloor. Om 'n ideale BMI van 22 te hê, behoort jy 59 kg te weeg! Ten spyte van die feit dat jy 'n onderaktiewe skildklier het, wil dit voorkom dat jy moontlik aan 'n eetversteuring ly. Jou gewig is uiters laag, jy doen oormatige oefening elke dag, jy slaan maaltye oor, jy wil nog gewig verloor, jou voedselinname klink nie gebalanseerd nie - dit is almal gevaartekens. Ek sal dus aanraai dat jy ook 'n geregistreerde dieetkundige behoort te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit sal wenslik wees as die dieetkundige vir jou en jou voedselinname evalueer om te sorg dat jy nie aan 'n eetversteuring ly nie en dat jy wel 'n gebalanseerde dieet inneem om te verhoed dat jy gebreksiektes ontwikkel.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: sonja mack | 2012/07/20

hi daar ek is n jong dame, en is 25jaar oud, ek het gehoor ek is gedeagnoseer ,et n skildkleir toe ek 12 raak en het dit nooit rerg vestaan ni ma nu van dat ek groot is werk dit nogal baie aan my. ek weeg ma nu 59kg en kani rerg gewig op sit nie want ek het nie eet lus rerrig ni. ek het hulp nodig asb want ek is op die eltroxin en my hare begin ook nu al uitval en my vel lyg aardig en is skoon om kaal klere te dra en loop alewig met n kappie op my kop. kan jule vemy se wat ek kan gebruik vemy vel, hare en wat ek kan doen om gewig aan te sit. ek voel alewig soos iemand wat nie lus het vedie lewe nie. help my asb.

Reply to sonja mack
Posted by: Esther | 2012/06/19

Hi.
Ek is 43 en is al op 29 gediagnoseer met ''n onderaktiewe skildklier. Ek drink eltroxin. My gewig bly konstant, behalwe
as ek skok optel of iets drasties gebeur. Dan tel ek sommer 10kg
in ''n week se tyd op. Ek het reeds vele dieete probeer maar kon nog nie van al die ekstra gewig onslae raak nie. Ek is 40 kg oor gewig. Kan jy my asb. se wat die beste manier vir my sal wees om my gewig reg te kry. Dankie

Reply to Esther
Posted by: Riette | 2012/06/18

Hi,
Ek is 55 jaar en is onlangs gediagnoseer met onderaktiewe skildklier toe ek hormoonvlakke laat toets het. Dis nie te erg onderaktief nie en word met eltroxin behandel. Is daar enige manier dat ek met dieet die skildklier normaal werkend kan kry? Ek is 15 kg oorgewig en oefen baie min. Het begin om eetgewoontes aan te pas en oefen 5 dae ''n week 15 minute lank op ''n orbitrek.

Reply to Riette
Posted by: DietDoc | 2012/05/30

Beste M
Aangesien jou huidige BMI = 18.8 wat in die anoreksies reikwydte val, behoort jy eerder gewig op te tel as om te verloor. Om 'n ideale BMI van 22 te hê, behoort jy 59 kg te weeg! Ten spyte van die feit dat jy 'n onderaktiewe skildklier het, wil dit voorkom dat jy moontlik aan 'n eetversteuring ly. Jou gewig is uiters laag, jy doen oormatige oefening elke dag, jy slaan maaltye oor, jy wil nog gewig verloor, jou voedselinname klink nie gebalanseerd nie - dit is almal gevaartekens. Ek sal dus aanraai dat jy ook 'n geregistreerde dieetkundige behoort te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit sal wenslik wees as die dieetkundige vir jou en jou voedselinname evalueer om te sorg dat jy nie aan 'n eetversteuring ly nie en dat jy wel 'n gebalanseerde dieet inneem om te verhoed dat jy gebreksiektes ontwikkel.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement