advertisement
Question
Posted by: Marina | 2009/09/15

Onderaktiewe skildklier

Het reeds vir 9jr ' n onderaktiewe skildklier. Het gebruik 2 Eltroxin (0.1mg) per dag maar steeds nie beter gevoel nie. Het seder Feb ' 09 my pille gelos en verlede week weer bloedtoetse laat doen. Die uitslag was soos volg: T4 - 3.3, T3 - 4.5 en TSH - 77.42. Die dr skryf nou 1 Eltroxin (0.1mg) voor. Dink u dit sal voldoende wees of het ek ook Tertroxin nodig? Help asb!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marina
Eltroxin is T4 die natuurlike vorm van skildklierhormoon soos dit in die klier gevorm word. Dit word dan omgesit in die liggaam na T3 (Tertroxin) wat die aktiewe vorm is. Gewoonlik is dit nie nodig om tertroxin te gebruik nie tensy die pasient nie T3 kan omsit in T4 nie.
Normale waardes
Free thyroxine (T4) 9–24 pmol/l
Thyroid stimulating hormone (TSH) 0.35 –5 mU/l
Free Triiodothyronine (T3) 3.4–7.1 pmol/l
Die feit dat jou TSH so hoog is beteken dat jy nie genoeg T3 en T4 maak nie, nou probeer die liggaam met TSH die skildklier stimuleer. Mens kan dit ook sien in die T3 en T4 wat te laag is. Ek dink die 1 Eltroxin gaan dalk te min wees, maar jy moet maar weer so oor 6 weke bloed trek en kyk hoe lyk dit
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement