advertisement
Question
Posted by: Hotstuff | 2002/07/01

Q.

Onderaktiewe skildklier

Hi Doc!!

My Ma is laasweek met 'n erenstige onderaktiewe skildklier gediagnoseer. Haar Dokter het haar die volgende verslag gegee:

"Albei tiroiedlobbe, sowel as die istmus is noduler vergroot. Weerskante is 'n paar nodules sigbaar en 'n beeld wat inpas met onderliggende multinodulere tiroid.

Die oorblywende tiroiedweefsel toon 'n gemengde eggodigte patroon en nie die normale homogene patroon nie.Die hele tiroied is ook hipervaskuler wat dui op tiroieditis.

Hierdie kan dus wel inpas met Hashimoto se tiroieditis voor tiroied atrofie. Die naasliggende strukture was nog normaal."

Wat beteken dit alles, en wat is Hashimoto se tiroieditis?


Baie Dankie vir u hulp.





2
user comments
Posted by: CyberDoc | 2002/07/04

Hotstuff, al wat die sonar sê is dat die skildklier “knobbelrig” vergroot is, maar dat daar geen diskrete knoppe soos in kanker is nie.
Hashimoto se tiroieditis is ‘n inflammasie van die skildklier as gevolg van ‘n outo-immuun reaksie. Dis 8 maal meer algemeen by vroue as mans en word gewoonlik lewenslank met behulp skildklier hormoon (Eltroxin®) behandel. Dis waarskynlik die algemeenste oorsaak van ‘n onderaktiewe skildklier en niks meer gevaarlik as ander oorsake van ‘n onderaktiewe skildklier nie. Laat maar weet as jy nog vrae het.

Reply to CyberDoc | 1 comment (hide)
Posted by: Linda | 2013/10/25

My skildklier is sowat 13jr gelede totaal verwyder. Ek was op Eltroxin maar het later insulin resistant geraak en ook hoe Cholesterol gekry. Ek was op medikasie enhet dit vir baie jare baie mooi onder beheer gehad dat ek die medikasie daarvoor kon los. Maar nou sukkel ek weer van vooraf. Al wat n simptoom is van n onderaktiewe skildklier het ek nou. Die bloedtoetse vir T4 en T3 en TSH word elke 3mnde gedoen soms bietjie langer. Ek jik nou vir twee weke aloor my hele liggaam, ek het 15kg in 4mnde opgetel terwyl ek Gym. Ek vermoed die Eltroxin sit nie om in T3 nie. Ek was al op Diotroxin en Tetroxin in die verlede, maar vir dr's redes haal hulle my af. Ek is raadop en moedeloos. Ek het gelees van Reverse T3 toetse wat gedoen kan word. Ek het ook gelees van Nature-Thyroid en dat dit groot sukses het onder onderaktiewe skildklier pasiente. Het jy vir my enige raad?

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement