advertisement
Question
Posted by: Antoinette | 2011-08-18

Onder Aktiewe Skildklier

More Dok,
Agtergrond:
Ek het verlede jaar simptome gehad ver erge moegheid, dat dit so erg was dat ek voor my rekenaar by die werk aan die slaap wou raak - en dit na ek tussen 6½  - 8 ure slaap inkry. Ek het toe na ''n Homopaat gegaan en sy het my getoets en bevind dat my 1) My liggaam besig is om my skildklier '' aan te val''  en 2) agv van eersgenoemde is my hormone ook heeltemal deurmekaar, d.w.s. ''n onder-aktiewe skildklier. Sy het toe gesê  dit lyk darem nie te erg nie en dat sy vir my druppels sal gegee wat die ''huidige klein probleem'' sal oplos. Maar as dit aanhou na die behandeling sal ek moet gaan vir bloedtoetse om my hormoonvlak te bepaal en my dan op ander en heel moonltik permanent medikasie moet sit. Ek het toe die druppels vir drie maande gebruik soos sy voorgestel het en na die eerste week van die behandeling het ek sommer tonne better gevoel.

Nou:
Dit is nou al ±  6 maande na ek opgehou het met die medikasie wat sy vir my gegee het en ek het die afgelope tyd weer die tamheid / erge moegheid begin ervaar en my keel voel so dik en asof daar permanent iets in is en dat ek heeltyd moet sluk. Dit is nie die gevoel van ''n seerkeel nie.

Vraag:
1) Is ''n onder aktiewe skildklier ''n permanente kondisie of kan dit gebeur dat dit kom en gaan?

2) Watter kos soorte moet ek vermy en watter kos moet ek sorg dat ek inkry?

3) Waar kan ek meer inligting kry of oplees oor ''n onder aktiewe skildklier.

Raad asb. Dokter.

Dankie &  Groete,
Antoinette


Raad asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Antoinette

Verwys na die volgende artikel oor 'n onderaktiewe skildklier wat die simptome, diagnose en behandeling breedvoerig bespreek: http://en.wikipedia.org/wiki/Hypothyroidism

Ek stel egter voor dat jy jou dokter vir bloedtoetse konsulteer, sodat 'n definitiewe diagnose gemaak kan word, aangesien vele oorsake vir kroniese moegheid is.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: annatjie | 2015-06-10

Baie seer spiere in die blaaie my skuld klier is onderaktief ek gebruik euthyrox

Reply to annatjie
Posted by: michelle | 2014-06-13

Goeie dag ek is bietjie meer as 2 jaar terug met n ooraktiewe skuldklier gediagnoseer, ek het neomercazolle en purebloca begin drink, ek het baie gewig verloor 40kg, maar nou die afgelope jaar het ek weer gewig opgetel, het ook n Goiter, my bloedtoetse vir April 2014 was as volg, TSH 0.01 , T4 87.9, T3 30.4, bloed uitslae vir Mei 2014 is as volg TSH 0.01, T4 27.9, T3 9.0, ek het ook hoe bloeddruk die afgelop 2 maande, ek wil raad he asb, hoekom tel ek weer gewig op, werk die pille nie meer nie wat is fout. Asb

Reply to michelle
Posted by: Ronel | 2014-04-23

I gained a lot of weight after I have been placed on Eltroxin. Still no change in my "Condition". I am going to stop taking Eltroxin. I do not believe that it can not let you gain weight.

Reply to Ronel
Posted by: Esther van Schalkwyk | 2014-04-07

Ek sukkel al met `n onder aktiewe skuldklier vir 24 jaar, drink eltroxin al vir 18 jaar en gebruik nou altroxin want ons woon nou in australia. My bloed toetse kom altyd positief terug maar ek sukkel om te slaap voel asof my keel toe druk en slaap dus met my nek na agter gebuig. ek het ook geweldig gewig op getel en kry dit net nie afgeskud nie.Kan iemand asb bietjie raad gee.

Reply to Esther van Schalkwyk
Posted by: Magdaleen | 2014-02-05

Ek is ook op eltroxin het vreeslik baie gewig opgetel het terug gegaan dokter toe het my pille na 1 en `n half verander maar tel nog steeds gewig op ek eet amper niks in die dag so verstaan nie waar ek kan vet word nie my man ongeduldig se as ek nog vetter word los hy my hy soek nie `n vet vrou nie HELP ASB

Reply to Magdaleen
Posted by: Jackie | 2011-11-07

hoofpyne,irritasie,gevoeligheid vir koue,gevoelloosheid in hande en voete,seer spiere,beenkrampe en spierswakheid,goiter,gewigsverlies,borspyne,geswelde vingers,gewrigspyne,spierpyne,verhoogde eetlus,spierkrampe. Al die simptone teenwoordig. Kan dit skildklier probleme wees, oder oor ooraktief.

Reply to Jackie
Posted by: shalene | 2011-09-16

My doc make my dose of eltroxin less now I have constant tonsolites and problems with my digestive system I never had it before can this be couse by that my dose is to low for me and my skin is very dry and I''m tired don''t feel like doing anything. Thanx hope you can give me sum advise

Reply to shalene
Posted by: Judy Beeton | 2011-08-22

Can an underactive thyroid causes heart disease?

Reply to Judy Beeton
Posted by: Margie | 2011-08-18

Hello

Ek het self ''n onderaktiwe skuldklier en weet dus hoe jy voel. So ver ek weet is dit ''n probleem waarvoor jy elke dag hormoon aanvullings moet kry soos Eutyrox of Eltroxin. Dit sal nooit weggaan nie. Ek self is op Euthyrox. Jy sal jou GP moet gaan sien vir die nodige bloed toetse.
Ander simptome van onderaktiewe skuldklier sluit in: moegheid, hardlywigheid, koud sensitiwiteit net om ''n paar te noem.

Reply to Margie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement