advertisement
Question
Posted by: Susan Eloff | 2012/05/06

onbeheerde stoelgang (54 jaar oud)

my dukderm is 12 jaar gelede verwyder. die afgelope maand het ek nie beheer oor my stoelgang nie, ek kry weekliks diaree, as ek draf en kom by die huis is daar " gemors"  in my broekie en ek het dit nie gevoel nie. my dieet bestaan meestal uit die volgende, soggens, oats, of eiers en tusssers kaas, of bacon en halwe tamatie of boerewors en toast, smiddae vellose hoender dye me gekookte pampoen, boerewors en gebakste artappel, gekookte beestert met groenbone en wortels saam gekook op paste, vis pastei met kaas en broccolli, frikkadells met beeslaai, saans vrugte, 3 tot 4 piesangs, mangos, wat in seisoen is dan eet ek sommer so 2 of 3 van dit, soms ''n laie gi toebroodjie met blaarslaai, tam, ham, kaas, agurkies op. asb help my dit is ''n erge verleentheid.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Susan
Ek is jammer om te verneem dat jou dikderm verwyder is en dat jy nou na 12 jaar begin probleme ontwikkel met die beheer van jou stoelgang. In die lig van jou vorige operasie, wil ek graag aanbeveel dat jy 'n mediese spesialis soos 'n Gastroënteroloog sal spreek (vra jou huisdokter om jou te verwys). Afhangende van die behandeling wat die spesialis sal voorstel, mag dit ook 'n goeie idee wees om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om jou dieet aan te pas sodat jy nie te veel dieetvesel inneem nie, maar tog nog gebalanseerd eet.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/05/08

Beste Susan
Ek is jammer om te verneem dat jou dikderm verwyder is en dat jy nou na 12 jaar begin probleme ontwikkel met die beheer van jou stoelgang. In die lig van jou vorige operasie, wil ek graag aanbeveel dat jy 'n mediese spesialis soos 'n Gastroënteroloog sal spreek (vra jou huisdokter om jou te verwys). Afhangende van die behandeling wat die spesialis sal voorstel, mag dit ook 'n goeie idee wees om 'n geregistreerde dieetkundige te spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help om jou dieet aan te pas sodat jy nie te veel dieetvesel inneem nie, maar tog nog gebalanseerd eet.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement