advertisement
Question
Posted by: Maureen | 2011/06/27

Omgewings Allergie by baba van 11maande

Goeie dag Dr.

My dogtertjie sukkel van ongeveer 4 maande af met allergie, ons het haar vir voedsel allergie getoets en niks gekry nie, maar sy het die naweek weer siek geword met baie slym ''n loop neus en oor infeksie, so erg dat die doktor gedink het haar oordrom gaan bars. Dit is haar 2de oor infeksie (bolug weg infeksie) binne 3 maande, nou vermoed die doktor omgewings allergie? Haar neus gat was so toe dat haar neus nie eers aan die linker kant geloop het nie. sy is nou op 10 dae antibiotika om die infeksie op te klaar, wat kan ek doen om dit te voorkom of die dit te verlig. sy is in ''n kleuterskool en ek gee haar elke dag crech guard, is daar iets ander wat ek vir haar kan gee om haar imuun op te bou? dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Maureen

Ongelukkig is 'n creche 'n kweekskool vir veral virusse wat boonste lugweg infeksies veroorsaak. Jy kan 'n oor-, neus- en keel spesialis konsulteer om vas te stel of dit 'n kroniese infeksie of 'n allergiese rinitis is. Indien jy wel 'n allergie verdink, stel ek voor dat jy 'n allergie spesialis konsulteer om vas te stel waarvoor sy allergies is. Dit is oor die algemeen maar 'n moeilike situasie en die meeste kinders ontgroei hierdie probleem.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement