advertisement
Question
Posted by: Amelia | 2009/09/08

Olywe

Goeie dag en dankie weereens vir die raad.
Ek wil weet hoeveel olywe kan mens eet per dag en of dit vet maak. My dogtertjie van 17maande en my man is mal daaroor.
Kan dit sleg wees vir haar?
Lekker dag

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Amelia
Olywe is uitstekende kos aangesien dit ryk is in sg. mono-onversadigde vetsure wat die hart beskerm en ook vesel bevat. Olywe maak deel uit van die Mediterreense Dieet wat so gesond is. Dit het 'n matige energie-inhoud van 480 kJ per 100g, wat ongeveer 5.7% uitmaak van die energiebehoefte van 'n volwasse vrou wat nie verslank nie. Mens kan dit dus gereeld eet, maar wees versigtig dat julle nie te veel eet en dus julle energie-inname verhoog. Hou matigheid voor oë.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement