advertisement
Question
Posted by: ANDY | 2013/02/07

OLIE OP MY LIGGAAM

Subject: OLIE OP LIGGAAM
Posted by: ANDY | 22/1/2013

Hi daar Dr

Ek gebruik daagliks suurstof en inhalasies. Ek is 51 en weeg 57kg. Ek ondervind dat my liggaam vetterig/olierig is. Veral my hande. Dit begin lastig raak aangesien ek in ''''n kantoor werk. Kan dit moontlik ''''n tekort van iets wees? Ek verloor ook aanhoudend gewig ten spyte daarvan dat ek nie etes mis nie.
Het u miskien raad asb.
Baie dankie.


EXPERT''S REPLY
Subject:
Posted by: Cyberdoc | 23/1/2013
Andy

Kan jy asseblief so vriendelik wees om my van meer inligting voorsien? Hoekom gebruik jy suurstof en inhalasies? Met ontvangs van jou antwoord, sal die aangeleentheid my verdere aandag geniet.

Groete





Dr Anrich

READER''S REPLY
Subject: RE: OLIE OP LIGGAAM
Posted by: ANDY | 24/1/2013
Dr

Ek het emfiseem en asma. Ek gebruik seretide en duovent vir die asma en 80mg micardis vir hoë  bloeddruk. Ek gebruik ook 7.5mg zopivane want ek slaap baie sleg. Ek gebruik die inhalasies smiddae as ek van die werk af kom en slaap saans met suurstof.

Dankie
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Andy

Die gewigsverlies kan te wyte wees aan jou emfiseem. Daar is wel 'n moontlikheid dat jy skildklier probleme het. Ek stel voor dat jy jou dokter konsulteer om skildklier abnormaliteite en diabetes uit te skakel. Hou my asseblief op hoogte.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement