advertisement
Question
Posted by: Tania | 2012/11/26

Oefening tydens verkoue en moesies

Hallo Dr

Ek het twee vrae. Eerstens, ek het twee moesies op my lyf wat jeukerig is, is dit dalk n indikasie van iets of kan ek dit maar net ignoreer? Hulle lyk redelik ligkleurig, en jeuk so af en toe.

Tweedens, ek wou nog altyd weet, wanneer is dit veilig om oefening te doen as jy siek is? Sodra ek n seer keel begin voel, dan hou ek vir veiligheid vir my hart dadelk op met oefening, totdat ek heeltemal gesond is, dus nie meer hoes of enige iets nie. Soms vat dit twee of drie weke, want ek probeer so min as moontlik antibiotika neem. Nou wou ek net uitvind, is daar n veilige tyd wat mens kan begin oefen al hoes jy dalk nog n bietjie bv? So wanneer moet jy wegbly van oefening af? Ek neem aan dit is anders as jy griep en lyfseer het, as wanneer jy net gewone verkoue het, of is dit nie so nie? Ek begin net mooi fikser te word, dan moet ek weer ophou vir drie weke en dan moet ek weer oor begin.

Baie dankie

Tania

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Tania

Enige moesie met verandering in vorm en kleur en met bykomende simptome soos jeukerigheid en irritasie, moet ondersoek word. Dit is uiters belangrik om die moesies te laat evalueer om melanoom uit te skakel.

Moet glad nie oefen as jy griep simptome het nie. 'n Virale infeksie kan 'n week tot drie weke duur. Indien jou hartklop normaal is en jy geen koors het nie, kan jy wel oefen.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: annie | 2013/01/16

ekt moesie laat vries. Elke keer gaan ek terug dan se hul dis nog te vroeg om te se of hy uitgesny moet word of nie. Hoe maak ek nou? Hy jeuk ontsettend en het snaakse bruin kring om met blasie in middel

Reply to annie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement