advertisement
Question
Posted by: Anon | 2012-05-30

Oefening en gewig

Goeie dag,

Ek sien by vraag 379 dat die persoon vra hoekom sy gewig optel al oefen sy hard? U het geantwoord dat dit dalk te doen het met spiermassa wat sy optel of cortisol wat afgeskei word. Ek ervaar dieselfde probleem met my gewig. Indien laasgenoemde die probleem is, hoe werk ''n mens dit teen? Ek oefen daagliks as volg:

Maandae: Spinning soggens en shape klas in die middag
Dinsdae: Shape klas soggens
Woensdae: Spinning soggens en bootcamp in die middag
Donderdae: Bootcamp soggens
Vrydae: Spinning soggens

Oor naweke vat ek af. Kan dit mooontlik wees dat my liggaam cortisol afskei en dit gewigstoename veroorsaak? My liggaamsvet is tans 17%.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Oefening en Gewig
Indien jy oormatig oefen, kan daar wel kortisol geproduseer word en dit kan weer lei tot waterretensie wat jou swaarder sal laat weeg, maar nie noodwendig dui op 'n hoë liggaamsvet- inhoud nie. Jy noem nie hoeveel jy tans weeg en hoe lank jy is nie, sodat ek jou BMI kan bereken. Vrouens wat nie top atlete is nie, het 'n normale liggaamsvetpersentasie van 24% en top vroulike atlete soos dié wat die maraton hardloop, het 'n persentasie van 10%. Jy is dus halfpad tussen hierdie 2 vetpersentasies wat waarskynlik normaal is vir dames wat nie professionele atlete is nie. Kortisol produksie word verminder deur: a) jou koolhidraatinname te verhoog, veral tydens en na oefening, b) te ontspan, c) ordentlik te rus tussen oefensessies. Waterretensie kan bekamp word deur 'n lae-sout dieet te volg en 'n ligte diuretikum (waterpil) te laat voorskryf deur jou dokter.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012-05-30

Beste Oefening en Gewig
Indien jy oormatig oefen, kan daar wel kortisol geproduseer word en dit kan weer lei tot waterretensie wat jou swaarder sal laat weeg, maar nie noodwendig dui op 'n hoë liggaamsvet- inhoud nie. Jy noem nie hoeveel jy tans weeg en hoe lank jy is nie, sodat ek jou BMI kan bereken. Vrouens wat nie top atlete is nie, het 'n normale liggaamsvetpersentasie van 24% en top vroulike atlete soos dié wat die maraton hardloop, het 'n persentasie van 10%. Jy is dus halfpad tussen hierdie 2 vetpersentasies wat waarskynlik normaal is vir dames wat nie professionele atlete is nie. Kortisol produksie word verminder deur: a) jou koolhidraatinname te verhoog, veral tydens en na oefening, b) te ontspan, c) ordentlik te rus tussen oefensessies. Waterretensie kan bekamp word deur 'n lae-sout dieet te volg en 'n ligte diuretikum (waterpil) te laat voorskryf deur jou dokter.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement