advertisement
Question
Posted by: Dollie | 2010/06/29

OEFENING EN DIEETPLAN

Goeiedag
Ek oefen 6 dae per week (60min per dag). Cardio 4 dae en weights 2 dae. Ek doen dit noual vir ''''n maand maar het tot dusver slegs 1kg verloor. Ek moet 10kg verloor. My dieet bestaan uit koppie All bran in die oggende, provitas(7 per dag) en 3 vrugte as ''''n snack deur die dag, eier op 1 sny volgraanbrood in die middag en aande bruinrys met proteine en groente. Ek soek enige raad asb. Wat kan die rede wees dat ek nie verloor? Eet ek te veel koolhidrate?
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Dollie
Nee jy eet nie te veel koolhidrate nie, maar jou dieet is effens ongebalanseerd (bv jy neem nie 3 porsies vet-vrye suiwelprodukte in nie en dus sal jou kalsiuminname laag wees wat nie raadsaam is nie, want 'n hoër kalsiuminname help nie net om osteoporose te voorkom nie, maar stimuleer ook gewigsverlies). Dit is moontlik dat jy wel vet verloor, maar nie massa nie omdat jy tans besig is om spierweefsel te bou met al die oefening wat jy doen (spierweefsel weeg meer as vetweefsel). Hou dus ook jou mate dop om te sien of jy nie wel vet verloor nie. As jy aanhou met 'n gebalanseerde lae-vet, hoe-vesel-dieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en die oefening, dan sal jy beslis begin gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Lizelle Rood | 2010/06/29

Hallo Dollie, Ek vertsaan jou gevoel, Mar ek wil vir jou se dat ja ek dink jy eet teveel Koolhidrate. Ek is op n Dieet. ek begin met n Koppie gaar Oats in die oggend. so 10H n Vrug dan wee 13H my lunch N mengel slaai 1 Meduim aartappel met die skil en een groot porsie vis of hoender. Wee n Vrug net so voor huistoe gan tyd. En die selfde in die aand. Ek wil ook vir jou se Speir oefining verbrand Vet. Cardio is goed mar jy moet ook Gewig oefining doen. En ook baie belangrik is Water so veel as moontlik. En nog n Ding moenie altyd op die skaal vertrou nei vertrou jou klere want spiere lyk kleiner as vet mar weeg dieselfde. Hoop dit sal jou bietjie help! Groete

Reply to Lizelle Rood
Posted by: DietDoc | 2010/06/29

Beste Dollie
Nee jy eet nie te veel koolhidrate nie, maar jou dieet is effens ongebalanseerd (bv jy neem nie 3 porsies vet-vrye suiwelprodukte in nie en dus sal jou kalsiuminname laag wees wat nie raadsaam is nie, want 'n hoër kalsiuminname help nie net om osteoporose te voorkom nie, maar stimuleer ook gewigsverlies). Dit is moontlik dat jy wel vet verloor, maar nie massa nie omdat jy tans besig is om spierweefsel te bou met al die oefening wat jy doen (spierweefsel weeg meer as vetweefsel). Hou dus ook jou mate dop om te sien of jy nie wel vet verloor nie. As jy aanhou met 'n gebalanseerde lae-vet, hoe-vesel-dieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') en die oefening, dan sal jy beslis begin gewig verloor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement