advertisement
Question
Posted by: Adele | 2010-02-16

Oefening

Hallo, ek het gewoonlik in die oggend 4h30 6km op tredmill gedoen, maar weens omstandighede kan ek nou slegs in die aand oefen. Ek het gewoonlik in die oggend niks geeet voor ek gedraf het nie, net water gedrink en goed gevoel. Gister vir die eerste keer in aand gedraf (20h00) het sleg gevoel, naarerig en sooibrand. Ons het tuna &  mayo slaai gehad vir aandete (18h00). Is dit die eet voor die tyd of wat stel jy voor kan ek in die aand eet wat nie so swaar is nie.
Sal selfs vrugte eet as ek moet en my hoof ete in die middag.

Dankie God se seen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Adele
Tuna slaai sonder mayonnaise is 'n ligte aandete. Dit is egter ook moontlik dat die hele dag se kosinname hier 'n rol speel. Is dit nie vir jou moontlik om eers te oefen en na 'n ruskansie aandete te eet? Jy sal beslis beter voel as jy nie op 'n vol maag oefen nie. Probeer dus om eers te oefen en dan te eet. Maaltye soos pasta met groente en groente slaaie met bietjie proteïen (gekookte eier, tuna of ander vis, of maer gekookte vleis repies soos geroosterde hoender) behoort jou goed te laat voel.
Ek hoop dit sal nou beter gaan met die oefening.Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010-02-16

Beste Adele
Tuna slaai sonder mayonnaise is 'n ligte aandete. Dit is egter ook moontlik dat die hele dag se kosinname hier 'n rol speel. Is dit nie vir jou moontlik om eers te oefen en na 'n ruskansie aandete te eet? Jy sal beslis beter voel as jy nie op 'n vol maag oefen nie. Probeer dus om eers te oefen en dan te eet. Maaltye soos pasta met groente en groente slaaie met bietjie proteïen (gekookte eier, tuna of ander vis, of maer gekookte vleis repies soos geroosterde hoender) behoort jou goed te laat voel.
Ek hoop dit sal nou beter gaan met die oefening.Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement