advertisement
Question
Posted by: Hantie | 2008/10/08

Oefening

Ek probeer tans baie hard om gewig te verloor. Ek volg ' n lae vet dieet en doen 5 dae per week oefening. Op die oomblik stap ek 5 dae per week, 4km per dag en dit neem my ongeveer 45 minute. Ek het egter gelees dat dit baie goed is om tou te spring. Hoeveel kj sal ek verbrand as ek byvoorbeeld daagliks 4km stap en ook 20 minute touspring?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Hantie
Dit is wonderlik dat jy so oulik oefen. Dit is moeilik om te bereken hoeveel energie 'n persoon sal gebruik as sy 4 km stap en 20 min touspring aangesien baie faktore 'n rol speel (jou huidige gewig, hoe vinnig jy touspring, ens). Wat egter wel gaan gebeur is dat die oefening jou basale metaboliese tempo gaan verhoog vir tot 24 uur na jou oefening en dit gaan ook baie energie verbruik. Probeer dus jou 2 soorte oefening saam met jou lae-vet dieet en jy sal sien dat jy goed gewig sal verloor.
Hou so aan
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement