advertisement
Question
Posted by: Jenn | 2012/11/28

Oefen en Etes, watter tye is beste

Hallo Dok

Ek het ''n vreeslike besige daaglikse skedule. Ek staan soggens 5 uur op en begin dan self regmaak, dan man en kinders se goed en dan kan ek net na 7 weggkom om kinders dagsorg toe te vat en dan self net betyds by die werk aankom.
Saans ry ek 5 uur, tel kinders op en dan is ek so 17:45 by die huis. Ek begin dadelik kosmaak sodat ons teen 18:45 / 19:00 kan eet. 19:15 bad ek kinders en dan begin ek die kombuis opruim en is so teen 20:00 klaar.

My probleem is egter dat ek nie tyd kry vir oefen nie en ek moet gewig begin verloor. Ek is so 9kg oorgewig, ek is 30 jaar oud. Ek volg ''n baie goeie eetplan (nie dieet nie) maar dit help my niks sonder oefening nie.

Nou wil ek uitvind of ek dan maar teen 20:30 kan oefen of is dit te laat? Ek doen Taebo by die huis wat so 45 min lank is en wil graag gaan draf, maar sal probeer om draf in die oggend in te werk. Op die oomblik doen ek nie een van die twee nie want ek wil nie so laat oefen as dit sleg gaan wees vir my nie. Ek sal dus ook omtrent ''n half uur vroeer moet opstaan in die oggende.
Ek is by Curves, maar gaan nie meer nie want hulle maak eers 05:00 oop en maak al 19:00 toe.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jenn
Ek is vol bewondering vir jou en wat jy alles in 'n dag vermag. Wat oefening aanbetref, mag jy vind as jy saans oefen dat dit jou 'wakker maak' en moontlik met jou slaap inmeng - en jy het slaap nodig om op te maak vir jou baie besige dae. Jy sal dit moet uitprobeer. Doen een aand bietjie oefening en kyk hoe dit jou affekteer. Miskien sal dit vir jou goed laat ontspan en vir jou lekker laat slaap. Andersins behoort oefen in die aand nie vir jou nadelig te beïnvloed nie. Jy kan miskien ook die opsie van touspring oorweeg, aangesien mens miskien makliker enige tyd van die dag kan touspring, terwyl dit moontlik moeiliker is om te draf of Taebo te doen.
Ek wens jou alles van die beste toe vir jou program en dink dit is te wonderlik wat jy alles in 'n dag aanpak.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement