advertisement
Question
Posted by: Estie | 2010/03/12

Oe

Ek wil gou uitvind wat dalk kan fout wees met my. Ek sien amper niks op my rekenaar serm ni soos wat my oe moeilikheid gee al die letter is so snaaks en ek het een masiewe kopseer in my een oog gehad en nou het dit oorgeskuif n mt ander oog toe. Ek het Maandag probeer bloedskenk en my yster telling was 11.4 kan dit dalk wees hoekom dit so maak?
E is dalk net verniet bekommerd maar dit maak my bang as ek nie kan reg sien nie. Daar is ook die hele tyd as of daar ''n lig in my oog geskyn is en dis baie moeilik om dan te kan sien.
HELP MY ASB!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Estie

Ek stel voor dat jy so gou as moontlik 'n oog spesialis konsulteer. Dit is moontlik net 'n refraksie probleem wat gekorrigeer kan word met 'n voorskrif bril, maar patologies moet uitgeskakel word deur die spesialis. 'n Yster telling van 11g/dl is laag, maar nie so laag dat dit visuele probleme sal gee nie.

Ek stel ook voor dat jy jou apteker raadpleeg en vir hom/haar vra vir Ferimed yster aanvullings tablette.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement