advertisement
Question
Posted by: M | 2012-06-21

Oats &  onderaktiewe skildklier

Hi, ek het ''n onderaktiewe skildklier, ek is op eltroxins so als so ver lyk goed behalwe dit voel vir my of my gewig nie konstant bly nie, ek sal bv vandag nie veel eet nie en as ek more oggend nie oefen nie weeg ek meer more as wat ek vandag geweeg het(hoop ek maak sin) hoekom verskil mens se gewig elke dag, ja ek het die slegte gewoonte om my elke dag te weeg maar dis juis oor my skildklier want dit voel ek tel gewig op.. dan wil ek nog iets weet, oats. ek eet ''n tee koppie oats in die oggend met bietjie melk heuning en kaneel en miskien sal ek dit in die middag ook eet maar net met ''n bietjie botter by, oor die algemeen, maak oats mens vet? watter pap kan ek eet wat goed is as mens wil gewig verloor, want ek wil nou ook nie he die oats moet die rede wees dat ek so sukkel met my gewig nie, of laat die oats my skildklier aan help met gewig toename.. help asb? wat mag ek en wat mag ek nie eet met my skildklier, en veral in die aande, ek eet nie regtig vleis in die aande nie maar hou van my groente, as ek bv net groente of iets ligs ini aand eet sal dit my help met my gewig of tenminste net help laat eki optel nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Best M
Jy is op die aangewese behandeling vir 'n onaktiewe skildklier as jy Eltroxin neem. Dit kan tot 3 maande of langer vat totdat 'n persoon se skildklierhormoonvlakke weer verbeter. Dit is dus 'n goeie idee om geduldig te wees. Jy weet dat dit nie goed is om jou elke dag te weeg nie. 'n Persoon se liggaamsgewig kan van 1-3 kg per dag wissel, selfs van die oggend tot die aand! Hierdie skommelings in gewig, soos op 'n skaal aangedui, kan deur veranderings in hormoonvlakke (veral by vrouens), waterretensie, stres, hoë soutinname, ander medikasies, en selfs gebrek aan slaap, veroorsaak word. Dit is belangrik om te onderskei tussen 'n toename in kg op die skaal en 'n toename in liggaamsvet. In baie gevalle kan so 'n groot skommeling uitgeskakel word deur minder sout te eet en gereelde oefening te doen. Hawermout is 'n uitstekende kos aangesien dit sogenaamde oplosbare dieetvesel bevat wat help om bloedvetvlakke te verlaag. Indien jy algemeen oorgewig is, dan kan jy 'n lae-vet dieet probeer (Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet') en dit kombineer met gereelde aërobiese oefening soos flink stap, touspring of fietsry vir 30 min per dag.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015-05-27

Ek sien nie die slimming diet nie kan iemand help?

Reply to Anonymous
Posted by: jenny | 2014-06-10

ek ly nou al vir 12jr aan `n ooraktiewe skildklier, het al chemo gekry en toe brand dit net die regterkant van skildklier. nou dat ek 40 slaan nou pak die vetjies waar ek dit nie wil he nie. ek doen aerobiese klasse 2x `n week en eet nie soetgoed nie, maar dit bult nou orals. dan nog `n ding ek kry soms so `n aaklige gevowl by my keel dis al asof my keel `n tipe `kontraksie ` kry, kan dit nie beskryf nie, maar ek was al by die dr en hy se als is normaal. is dit normaal veral waar skildklier sit kry ek die gevoel. vra maar net jenny

Reply to jenny
Posted by: tanja | 2012-10-12

Asblf help, ek gym nou al amper 3 maande, maandae tot vrydae vir n uur, maar ek het nog niks verloor nie. wat mag ek eet/drink en wat nie?

Reply to tanja
Posted by: DietDoc | 2012-06-22

Best M
Jy is op die aangewese behandeling vir 'n onaktiewe skildklier as jy Eltroxin neem. Dit kan tot 3 maande of langer vat totdat 'n persoon se skildklierhormoonvlakke weer verbeter. Dit is dus 'n goeie idee om geduldig te wees. Jy weet dat dit nie goed is om jou elke dag te weeg nie. 'n Persoon se liggaamsgewig kan van 1-3 kg per dag wissel, selfs van die oggend tot die aand! Hierdie skommelings in gewig, soos op 'n skaal aangedui, kan deur veranderings in hormoonvlakke (veral by vrouens), waterretensie, stres, hoë soutinname, ander medikasies, en selfs gebrek aan slaap, veroorsaak word. Dit is belangrik om te onderskei tussen 'n toename in kg op die skaal en 'n toename in liggaamsvet. In baie gevalle kan so 'n groot skommeling uitgeskakel word deur minder sout te eet en gereelde oefening te doen. Hawermout is 'n uitstekende kos aangesien dit sogenaamde oplosbare dieetvesel bevat wat help om bloedvetvlakke te verlaag. Indien jy algemeen oorgewig is, dan kan jy 'n lae-vet dieet probeer (Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet') en dit kombineer met gereelde aërobiese oefening soos flink stap, touspring of fietsry vir 30 min per dag.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement