advertisement
Question
Posted by: Christi | 2010/10/07

Oë 

Naand Dokter,

Ek het deesdae hierdie verskriklike snaakse gevoel in my oë , meer aan die linkerkant as aan die regterkant. Dit is asof hy spring, ek weet nie eintlik hoe om dit te beskryf nie maar dit gebeur baie deur die dag. Ek sit nie konstant voor `n rekenaar nie en lees ook nie vir lang ure aaneen nie. Ek is 25 jaar oud, het `n geskiedenis van Bell''s Palsy wat ek elke keer nog langer as 4 maande gehad het, maar ek het elke keer nog my oë  mooi toegeplak en salf ingesit. Ek het ook effense hoë  bloeddruk,

Kan hierdie 2 dinge dalk enige verband hou met die oog wat so spring (trek), dit voel amper of dit agter my oogbalb is. Hoop die verduideliking help.

Dankie vir die raad
Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Christi
Dit kan dalk net 'n spierspasma van die oogspiertjies wees - iets soos Norflex en 'n warm waslap op die oog mag help. As dit nie beter word hiermee nie, moet jou dokter jou dalk verwys na 'n neuroloog vir verder ondersoeke. Min mense kry herhalende Bell's palsy so dit bekommer my bietjie. Het jy al 'n MR Scan gehad?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2010/10/11

Hallo Christi
Dit kan dalk net 'n spierspasma van die oogspiertjies wees - iets soos Norflex en 'n warm waslap op die oog mag help. As dit nie beter word hiermee nie, moet jou dokter jou dalk verwys na 'n neuroloog vir verder ondersoeke. Min mense kry herhalende Bell's palsy so dit bekommer my bietjie. Het jy al 'n MR Scan gehad?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement