advertisement
Question
Posted by: Lila | 2009/01/05

Nuzak of Lorien

Ek wil net graag weet of Nuzak ' n mens kan laat gewig optel. Ek het vir ' n lang ruk Nuzak gebruik, my gewig het stadig maar seker opgetel. Ek het toe Citalopram gebruik, maar steeds gesukkel om die gewig te verloor. Ek het die pille gestaak, maar kon nie so aangaan nie. Toe begin ek met Lorien, my gewig het stil gestaan. Nou het ek weer Nuzak begin drink, want dit laat my beter voel as die Lorien, maar wat my pla is dit voel of ek oornag opblaas. Ek is so raadop oor die pille.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

Lila

Beide Nuzak en Lorien bevat Fluoksetien en is generiese ekwivalente. Dit veroorsaak minder gewigstoename as meeste ander groepe antidepressante (citalopram val in dieselfde kategorie as Fluoksetien, en volgens die literatuur is dit veronderstel om minder gewigstoename te veroorsaak), maar mag tog veroorsaak dat sommige individue 'n paar kilogram optel. As jou gewig REGTIG 'n probleem raak stel ek voor dat jy met jou dokter gesels oor jou alternatiewe. Die twee pille wat jy noem is egter dieslfde.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: liesl posthumus | 2014/03/03

Ek wil graag weet, ek gebruik x2 Lorien elke oggend, vir seker 10 jaar. Met x1 AAlzam in die oggen en een in die aand! Dan ook x1 trepilene in die aand! Ek sukkel geweldig met my korttermyn geheue, kan dit die pille wees, omdat ek dit so baie jare gebruik?

Reply to liesl posthumus

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement