advertisement
Question
Posted by: LIANA | 2011/02/03

NUWE DIEET

HI DOC. WANNEER GAAN JULLE BIETJIE N NUWE DIEET OF TWEE OP DIE SITE PLAAS? DIE DIETE WAT JULLE OP HET IS NOU AL VIR N WYLE OP SONDER IETS NUUTS. DIT SAL LEKE WEES OM NET BIETJIE IETS ANDERS OP TE HE OM TE PROBEER. DANKIE...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liana
Die probleem is dat die basiese beginsels van gewigsverlies steeds gegrond is op die beginsels van 'n gebalanseerde, matig energie-verlaagde dieet en aërobiese oefening vir ten minste 30 min per dag. Ek kan dus die voorbeelde van die kosse wat op die verslankingsdieet gelys is, verander, maar nie die beginsels nie. Tweedens dien die gebalanseerde verslankingsdieet op hierdie Webwerf slegs as 'n voorbeeld en enige persoon wat wil verslank en 'n meer individuele dieet nodig het, moet dan 'n geregistreerde dieetkundige raadpleeg vir 'n 'tailor-made' dieet. Daar kan bv nie van my verwag word om 'n hoë-proteïen, lae-koolhidraat dieet of 'n uithongeringsdieet of 'n fopdieet op hierdie Webwerf te publiseer nie - dit sal teen my beginsels en opleiding indruis.
Raadpleeg dus 'n geregistreerde dieetkundige (besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind), indien jy 'n individuele verslankingsdieet nodig het, wat jou persoonlike voor- en afkeure en individuele faktore (bv. allergieë) in ag neem.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/02/04

Beste Liana
Die probleem is dat die basiese beginsels van gewigsverlies steeds gegrond is op die beginsels van 'n gebalanseerde, matig energie-verlaagde dieet en aërobiese oefening vir ten minste 30 min per dag. Ek kan dus die voorbeelde van die kosse wat op die verslankingsdieet gelys is, verander, maar nie die beginsels nie. Tweedens dien die gebalanseerde verslankingsdieet op hierdie Webwerf slegs as 'n voorbeeld en enige persoon wat wil verslank en 'n meer individuele dieet nodig het, moet dan 'n geregistreerde dieetkundige raadpleeg vir 'n 'tailor-made' dieet. Daar kan bv nie van my verwag word om 'n hoë-proteïen, lae-koolhidraat dieet of 'n uithongeringsdieet of 'n fopdieet op hierdie Webwerf te publiseer nie - dit sal teen my beginsels en opleiding indruis.
Raadpleeg dus 'n geregistreerde dieetkundige (besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind), indien jy 'n individuele verslankingsdieet nodig het, wat jou persoonlike voor- en afkeure en individuele faktore (bv. allergieë) in ag neem.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.