advertisement
Question
Posted by: Christa | 2011/04/17

Numb fingers (vingers gaan dood)

Gedurende die laaste 2 weke, het my vingers begin doodgaan terwyl ek slaap. Dit is so erg dat ek wakker word daarvan. Dit neem amper ''n half uur om gevoel terug te kry en soms meer as ''n uur om weer my vingers behoorlik te voel.

Ek is ook geneig om spier spasmas in my kuite of voete te kry (dit gebeur so een maal per week en ook gewoonlik as ek slaap)

Wat kan dieoorsaak wees?
Baie dankie en geniet jou dag!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Christa

Die parastesia in jou vingers kan as gevolg van karpale tonnel sindroom met drukking op die senuwee wat die hand en vingers voorsien, wees. Daar is verskillende behandelings opsies, soos nie-steroied anti-inflammatoriese middels, diuretika en selfs splints om jou gewrigte te stabiliseer terwyl jy slaap. In erge gevalle word dit chirurgies behandeling met loslating van die senuwee.

Die spasmas kan as gevolg van 'n sout tekort wees en ek stel voor dat jy jou dieet met Slow Mag en Slow K aanvul.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Lulu | 2011/06/17

My vriendin van 78 het ook die probleem met hande wat gedurende die nag dood gaan. Sy moet dan opstaan om weer lewe in die hande terug te kry en slaap a.g.v dit baie min. Sy wil graag weet wat so n operasievir die loslating van die senuwee kos aangesien sy nie ''n medies het nie?

Reply to Lulu

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement