advertisement
Question
Posted by: Karen | 2011/08/08

Normale taal

Hi Dr. Kan u my asb vertel wat die volgende in normale taal beteken? My seun (35) was dr toe vir sy niere en die volgende is toe toevallig opgemerk:
Toevallige bevinding is tekens van Sshmorl tipe nodes in die werwel eindplaat waarneembaar met kifose in die hoer lumbale gebied en torakolumbale aansluitings gebied soos met ou vertebrale epifisitis van die Scheuermanns tipe.
Dit is wat op die brief staan. Wat presies beteken dit en wat hou dit in vir sy gesondheid? Baie dankie vir u hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Karen

Daar is tekens van inflammasie wat die groeiplate van die werwels affekteer. Dit kan lei tot abnormale groei van die rug kolom wat verder tot pyn en 'n abnormale struktuur van die ruggraat kan lei. Ek stel voor dat jou seun die uitslae en x-strale saam met sy dokter bestudeer en die implikasies bespreek.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Amanda | 2013/05/24

Goeie naand Dr, Ek het nou omtrent die hele internet deurgesoek om sin te maak van die X-traal brief wat ek vandag ontvang het vir my rug. Kan u asb. in "gewone" taal vir my verduidelik wat dit beteken? Vernoude diskusspasie vlak L5/S1 vlak. Vroeë osteofiet formasie is by die werwel eindplaat teenwoordig. Geringe konvekse kurwe hoog lumbaal na links. Die fasetgewrigte toon hipertrofiese veranderinge. Opsommend: Degeneratiewe lumbale diskus patologie veranderinge L5/S1. Baie dankie!

Reply to Amanda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement