advertisement
Question
Posted by: Lala | 2009/01/15

Normale gewig by kinders

Hi Dokter

My dogter word 10 in Junie. Sy weeg 39 en is 1.42 lank. Sy het nogal die afgelope maande taamlik gewig opgetel en het baie selluliet oor haar maag area. Sy wil kort kort eet en kla gedurig sy is honger. Ek probeer nou om haar gesonder te laat eet maar neem aanstoot as ek haar reghelp (ek is self oorgewig met onderaktiewe skildklier) . Ek weet slegte eetgewoontes het hiertoe bygedra, sy is baie lief vir skyfies en sal sommer ' n groot pak gou kafdraf. Ek probeer nou om te sorg dat daar nie te veel lekkernye in die huis is, maar kan nie kos van haar weghou. Sy sal byvoorbeeld veel eerder spek en eiers eet vir ontbyt voordat sy pap sal eet. Ek beperk haar met eiers want sy is baie lief daarvoor. Enige raad hoe ek die situasie moet hanteer en wanneer moet ek begin bekommerd raak?

Baie dankie byvoorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lala
Jou dogter se BMI = 19,3 wat net nog onder die vlak van oorgewig is (die afsnypunt vir 10-jarige dogter is 'n BMI van 19,3). Dit is dus essensieel dat jy jou dogter help om nie meer gewig op te tel nie, en in teendeel om te begin verloor. Aangesien sy nie vir jou wil luister, sal ek aanraai dat julle 'n dieetkundige spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif vir jou dogter wat sal help met gewigsverlies maar nie tekorte sal veroorsaak wat haar normale groei gaan belemmer nie. Die meeste voedingsdeskundiges is dit ook eens dat jong kinders daagliks moet oefen om gewigsverlies aan te help. Moedig jou dogter aan om so aktief as moontlik te word - swem, draf, fietsry, touspring, sport - enigiets om haar aktief te laat wees vir ten minste 30 min tot een uur per dag. Oefen saam want dit sal haar aanmoedig en jou ook help om gewig te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Antoinette | 2016/02/23

Dagse, ek het 'n dogtertjie van 10jr oud, sy is 1,35m lank en weeg 24kg. Sy eet nie baie goed nie maar dan moet ek ook noem dat sy op concerta is en redelik erg aktief. Wat kan ek haar gee om gewig op te tel?

Reply to Antoinette
Posted by: Cathy | 2014/11/19

Hallo dokter, my kleinseun is 4jr 7mnde oud en is baie oorgewig. Hy weeg na raming 35kg. Sy lengte is omtrent 90cm. Ons is baie bekommerd en sal graag aan sy ouers 'n dieet wil voorstel om te volg. Hy moet volgende jaar skool toe en ons is bevrees hy gaan bitter swaar kry omdat daar dan 'n eet roetine sal wees. Dit is 'n sensitiewe sakie, en moeilik om met hulle daaroor te kommunikeer. Hoop u sal kan raad gee. Baie dankie. Cathy

Reply to Cathy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement