advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2010-09-30

Nog vrae

Doc,

Ek het intussen al so bietjie self gaan kyk, wag nog dat ek ''n afspraak kry by Internis om dit te bevestig: maar as ek dan Lupus het, kan die aanhoudende keel seer en slegte smaak en hees stem en sooibrand-gevoel in my keel nie dalk veroorsaak word deur te veel yster/ferritien in my liggaam nie?

Ek is NIKS deesdae en as ek WATER drink vrek ek van iets in my keel wat voel soos sooibrand, maar die Prof se toetse het als gewys ek het nie sooibrand nie en my LES is hypotensive, maar ek gaan nie onnodiglik aan my laat sny nie, nie voor iemand daar buite SEKER is, dis die probleem nie.

Kan Doc help? ek wil nie Internis gaan sien en dan is als onnodige toetse en hosp en goed nie. Ek wil net beter voel, dis al.

Dankie Doc,

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Gesiggie

Ek kan nie verder raad gee nie, aangesien 'n opinie net gegee kan word na 'n volledige ondersoek. Jou probleem is kompleks, en ek kry die indruk dat jy 'n internis benodig wat jou algemene gesondheid dophou in samewerking met al die ander kollegas. Jy behoort in spanverband geevalueer te word, aangesien die onsekerheid sekerlik spanning veroorsaak wat ook aandag behoort te geniet.
Sterkte

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement