advertisement
Question
Posted by: hdhelpasb | 2011/10/20

nodige dieet???

Ek het eergister n vraag gerig aan " cyberdoc"  en het daar die nodige antwoorde gekry in sy veld. Ek stuur die vraag namens my ma. Sy is n diabeet, het hoe bloeddruk, hoe cholestrol, asma en het onlangs uitgevind dat sy vernoude are het. My vraag is wat sy kan eet om te help met die situasie van die vernoude are. Van die kos wat sy mag eet as diabeet kan sy nie eet nie agv die asma en visa versa. My ma is in n toestand en wag vir n afspraak met die kardioloog en die biokinetikus. Sy wil net weet wat sy intussen mag eet om die probleem nie erger te maak nie. Die ergste is nou vir haar die vernoude are, is daar kos wat sal kan help met die probleem? Baie dankie vir al julle omgee. Vriendelike groete HD

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Heidrey
Ek is jammer om te verneem van jou Moeder se gesondheidsprobleme. Aangesien sy so 'n veelvoudige en komplekse siektepatroon het, is dit essensieel dat sy ‘n geregistreerde dieetkundige spreek om haar te help met 'n dieet wat die diabetes, hoë bloeddruk, en hoë cholesterol aanspreek, terwyl die sensitiwiteitsreaksies wat sekere kosse uitlok en die asma veroorsaak, ook in aanmerking geneem word. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou Moeder sal kan help. Terwyl jou Moeder wag om die kardioloog te sien, sal ek aanraai dat sy haar vet-inname verminder om die vernouing van die are te voorkom. Klik op 'Diet & Nutrition bo aan hierdie bladsy en dan op 'You are what you eat' en lees die 'Healthy heart' afdeling vir raad oor gesonde diëte vir die hart en hoe om vetinname te verlaag. Klik ook op 'Food as medicine' en 'Type 2 diabetes' vir raad oor diëte wat help vir diabetes en besoek ook die afdeling oor 'Hypertension' om op te lees oor die sg. "DASH Diet" wat in die VSA ontwikkel is om hartsiektes en hoë bloeddruk te bekamp. Dit is egter uiters noodsaaklik dat jou Moeder wel 'n geregistreerde dieetkundige spreek sodat die dieetkundige al hierdie verskillende dieetaanpassings kan kombineer in een individuele dieetvoorskrif wat sy dan kan gebruik om die verskillende toestande te beheer. Dit is belangrik om te onthou dat die korrekte dieet, net so belangrik is as al die pille en medikasies.
Sterkte vir julle
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/10/20

Beste Heidrey
Ek is jammer om te verneem van jou Moeder se gesondheidsprobleme. Aangesien sy so 'n veelvoudige en komplekse siektepatroon het, is dit essensieel dat sy ‘n geregistreerde dieetkundige spreek om haar te help met 'n dieet wat die diabetes, hoë bloeddruk, en hoë cholesterol aanspreek, terwyl die sensitiwiteitsreaksies wat sekere kosse uitlok en die asma veroorsaak, ook in aanmerking geneem word. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou Moeder sal kan help. Terwyl jou Moeder wag om die kardioloog te sien, sal ek aanraai dat sy haar vet-inname verminder om die vernouing van die are te voorkom. Klik op 'Diet & Nutrition bo aan hierdie bladsy en dan op 'You are what you eat' en lees die 'Healthy heart' afdeling vir raad oor gesonde diëte vir die hart en hoe om vetinname te verlaag. Klik ook op 'Food as medicine' en 'Type 2 diabetes' vir raad oor diëte wat help vir diabetes en besoek ook die afdeling oor 'Hypertension' om op te lees oor die sg. "DASH Diet" wat in die VSA ontwikkel is om hartsiektes en hoë bloeddruk te bekamp. Dit is egter uiters noodsaaklik dat jou Moeder wel 'n geregistreerde dieetkundige spreek sodat die dieetkundige al hierdie verskillende dieetaanpassings kan kombineer in een individuele dieetvoorskrif wat sy dan kan gebruik om die verskillende toestande te beheer. Dit is belangrik om te onthou dat die korrekte dieet, net so belangrik is as al die pille en medikasies.
Sterkte vir julle
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.