advertisement
Question
Posted by: Pippie | 2012/10/19

Nodig raad

Ek minstrueer verskriklik deurmekaar en baie vandat ek begin het op ouderdom 12. Ek is 21 en dit raak heeltemal uit beheer uit. Ek het al alle opsies probeer wat dokters voorstel byvoorbeeld op die voorbehoed pil te gaan. Ek was op almal, tot inspuitng, ek minstrueer soms vir 6maande aan een...wat moet ek doen? Dan so 3maande terug het daar n knop/klier in my regter bors ontwikkel, die pyn is ondraaglik, dit steek met n vuur tot in my ''nipple'', dokter se dit sal weggaan wanneer ek minstrueer, wel dit het nie. Ek het so 3dae terug nog twee kliere/knoppe in my lae nek ontwikkel wat ook pynlik is, en die een voel of dit in n aar of dalk op n spier sit, nie seker nie. Die dokter skryf net allergex voor, en dit help my niks. Asseblief gee my raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Pippie

Ek stel sterk voor dat jy 'n ginekoloog konsulteer vir 'n ondersoek van jou borste en moontlike mammogram, asook 'n papsmeer en sonar. Die ginekoloog kan ook toets vir skildklier abnormaliteite en diabetes. 'n Bloedingsneiging sal ook uitgeskakel moet word. Bloedarmoede moet ook uitgeskakel word, aangesien dit 'n komplikasie van jou langdurige menstruasie kan wees.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement