advertisement
Question
Posted by: Carla | 2010/06/07

No. 63 verwys: Oorinfeksie

Baba was toe by die ENT. Hy sê  sy oortjies is baie rooi en het vog op. Hy wil nie nou grommets insit nie, want hy sê  baba was vir 5 weke gesond. Hy het Augmentum voorgeskryf vir 10 dae. Ek het gesê  hy was 5 weke terug ook op Augmentum.
1) Maak dit saak?
Hy''t gesê  ek moet hom September weer bring (tensy ek kan agterkom dat hy voor die tyd weer siek is) en as daar dan nog vog/rooi is, sal hy grommets insit. 2) Hoe klink dit vir Dokter?
Hy het m.a.w. Woensdag aand al begin met die antibiotieka. Hy slaap egter baie sleg nou. 3) Moes die antibiotieka nie al begin werk het nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Geagte Carla

Jou dokter se voorstel is volgens akademiese voorskrif, en dus korrek. Dit is egter so dat sommige gevalle anders reageer, en soms gouer ingrepe benodig. Die feit dat die medikasie na 5 weke herhaal word is nie problematies nie, aangesien jy waarskynlik nou 'n nuwe infeksie behandel. Die dosis moet net voldoende wees, en die 10 dae is wat ons aanbeveel vir oorprobleme. Dit is omdat b;oedvoorsiening na die oor swak is, en die infeksie in 'n geslote holte voorkom.
Opvolg in Sept klink reg, mits die probleem nie vererger nie. Indien jy voel die ore pla steeds, laat weer daarna kyk, aangesien simptome gewoonlik binne 24 tot 48 uur moet verbeter.
Die opsie van 'n gehoortoets kan ook oorweeg word, al is die baba klein, aangesien dit 'n indikasie van gehoor, asook persisterende effusie kan bevestig, al dan nie.

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement