advertisement
Question
Posted by: Delene | 2010/02/23

Nie insulien weerstandig

Beste Dok,
Ek is 59, nie op hormoonvervanging, oorgewig en sukkel om gewig te verloor. Onsuksesvol op Ciplatrim en Weighless - val bitter stadig af. Is nie insulienweerstand. Ek byt nou maar vas - ek het die woord gewigsverlies uit my woordeskat verban en konsentreer nou net op goeie koskeuses maak en gesond eet. My probleem: ek eet soggens gekookte oatbran (50g) - dis ''n stewige porsies pap, maar ek is binne 2 uur so honger dat ek behoorlik naar voel. Dan eet ek maar ''n klein vetvrye wit jogurt en later ''n klein appel. Tog bly ek mislik voel totdat ek weer behoorlik eet met middagete - 2 snye lae GI brood (50g) bietjie maaskaas (vetvry), handvol kersie tamamties, mange tout erte, komkommerskyfies en klein stukkie hoender sonder vel of tuna of 2 WL worsies.
Aandete is gestoomde groente en 2 porsies volstruis vleis of hoender of vis - droog gaargemaak, geen gebraai. Selfs ''n uur of wat na aandete wil ek dood van die honger. Ek eet ook nog ''n vrug as ''n middaghappie.
Sal dit help as my dr my tog behandel asof ek insulienweerstandig is, al is ek nie? Sal dit nie die erge honger verbeter nie?
Hoop jy kan my bietjie raad gee, want ek voel sommer goor as ek so honger is en dit terwyl ek so bitter hard probeer.
Baie dankie vir jou simpatieke oor en raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Delene
Dit is vir my vreemd dat jy op 'n lae-GI dieet steeds so honger voel. Ek sal voorstel dat jy met ontbyt ook 'n halwe koppie vet-vrye jogurt of melk gebruik saam met die gaar hawermoutsemels om die GI van die maaltyd te verlaag sodat jy langer versadig voel. Ek sal nie aanraai dat jy medikasies vir insulienweerstand moet gebruik as jy nie daaraan ly nie. Dit is altyd beter om inname van medikasies te beperk as dit nie nodig is nie. Wat ek wel wil aanbeveel is dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek sodat sy/hy vir jou kan help om jou lae-GI, lae-vet spyskaart so op te stel dat jy nie honger word nie, maar tog gewig verloor. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Johan | 2010/02/23

Delene,
Dit klink of jy ''n wurm het! Jy eet asof dit uit die mode gaan. Ek is diabetes, oorgewig, gebruik ook Ciplatrim, 60j oud. Aanvanklik gewig verloor maar staan stil. Ek is net nie so honger soos jy nie.

Wat vir my help as ek honger word: Soggens 2 gekookte eiers wat jy stadig eet. As jy werk kan dit maklik ingepak word en jy kan effe later eet. Middae tamatie of 2 en komkommer. Vrugte maak my net honger, veral ''n appel. As ek koffie drink help dit ook ''n tydjie.
Ek het ook besluit om vrede te maak met hoe ek is. Sal nooit maer wees nie, sal nooit ryk wees.
Wees sterk en vergeet jy is honger.

Reply to Johan
Posted by: DietDoc | 2010/02/23

Beste Delene
Dit is vir my vreemd dat jy op 'n lae-GI dieet steeds so honger voel. Ek sal voorstel dat jy met ontbyt ook 'n halwe koppie vet-vrye jogurt of melk gebruik saam met die gaar hawermoutsemels om die GI van die maaltyd te verlaag sodat jy langer versadig voel. Ek sal nie aanraai dat jy medikasies vir insulienweerstand moet gebruik as jy nie daaraan ly nie. Dit is altyd beter om inname van medikasies te beperk as dit nie nodig is nie. Wat ek wel wil aanbeveel is dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek sodat sy/hy vir jou kan help om jou lae-GI, lae-vet spyskaart so op te stel dat jy nie honger word nie, maar tog gewig verloor. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement