advertisement
Question
Posted by: Jana | 2012-02-15

Nie in die mood

Hi. Ek wil weet of daar fout is met my? Eks glad nie meer in die mood vir seks nie, ek en my man is al 7 jaar getroud, twee kinders, 5 en 6 jr. Ek is nooit lus vir seks nie, en dis besig om my man baie ongelukkig te maak. Eks n werkende ma, en ons is altyd in finansiele moeilikheid, eks die meeste van die tye moeg, ekt nooit krag in die aande om my man gelukkig te maak nie. As dit van my af hang sal ek vir maande kan gan sonder seks. Ek weet nie hoekom word ek nooit lus nie, dit pla my glad nie. maar dis besig om my huwelik te raak. Is daar enige raad of medikasie wat ek kan neem om my huwelik te red?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSexologist

please consult your GP. Low libido could be a symptom of depression or stress.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

19
Our users say:
Posted by: sexologist | 2012-02-16

please consult your GP. Low libido could be a symptom of depression or stress.

Reply to sexologist
Posted by: 123 | 2012-02-15

Jy is heeltemal reg, ons skoner geslag werk harder, moet altyd goed lyk, in n goeie bui wees, kids versorg en als doen, en dan moet ons nog manlief ook bederf in die aande, ag nee man. Ek wens partykeer daar was nie n ding soos seks nie, net as dit moet. Want eks moeg vir n man wat altyd dikbek is as hy nie ietsie kry nie, dis die laaste ding op my brein, ek wil klaar kry in die aande met my huiswerk en rustig in die bed klim sonder om gepla te word.En dan voel ek boonop skuldig die volgende dag. Eks seke baie selfsugtig mar dis hoe ons vrouens voel.Ek wens net ek kan n mind change kry.

Reply to 123
Posted by: Sanna | 2012-02-15

En was Eva se straf nie om kinders te baar en Adam se straf om te werk nie?

Ons dra nou eintlik 2 strawwe.

Bietjie van die onderwerp af, maar Gert en Vaaitjie, weet julle hoe voel dit om met menstruele krampe werk toe te kom? Jy voel moeg (van al die pynpille) en seer en voel vuil, maar het nie `n keuse as om werk toe te kom nie EN dan by die huis kom en met jou 2de shift (kook, kids) te begin. Dit is hoekom ek reken dat vrouens eintlik die sterker geslag is.

En jy mag nie geirriteerd lyk nie. Jy moet alles doen met `n smile op jou gesig!

Reply to Sanna
Posted by: Sanna | 2012-02-15

Ek wens ook dat ek die hormone van `n man gehad het. Nooit te siek of te moeg vir seks nie.

My man help ook in die huis, maar ek is ook moeg as ek by die huis kom en seks is die laaste ding op my brein. En ek is ook nog jonk, ek is 34.

So, Jana, moenie alleen voel nie!!!!

Ek dink nie dat ons die stamina van mans het nie en daarom voel ons nie altyd lus vir seks nie, VERAL as ons van die werk afkom. Dit is hoekom ek sê : as ek by die huis kon bly, dan was ek nie moeg as ek in die aande by die huis kom nie, en dan sou ek elke aand vir my man iets gegee het.

Gert en Vaaitjie: ons gee nie vir julle mans die skuld nie. Dit is " society"  wat dit veroorsaak. Daar is min gesinne wat kan bekostig dat die vrou by die huis bly. Ek blameer nie my man daarvoor nie, ek blameer die duur lewe.






Reply to Sanna
Posted by: Jana | 2012-02-15

Dankie Xyz, eks bly dat jy verstaan, ons vrouens werk ook hard. En ja dankie vir jou raad, ek sal seker na n dr toe moet gan, want soos jy se ons is nog jonk en dinge kan nie nou al so gan nie. Ek wil nie my man verloor op so n manier nie. Eks te lief vir hom.

Reply to Jana
Posted by: xyz | 2012-02-15

Ek en my vrou werk ook alby, sy werk harder as ek(sorry ouens ,maar dit is so) Sy het haar eie dagsorg en dit is nie spelejies nie.Ons kinders is gelukkig al uit die huis, sy moet werk want my salaris is nie so dat ons net van myne kan lewe nie,maar ek help met alles, daar word nie tv gekyk terwyl sy die skottelgoed was nie, ek help.Ek verwag ook nie elke dag seks nie, ons beste tyd is oor ''n naweek.Dit is wanneer ons absuluut afskakel en dan is dit net ons tyd. Hierdie het ook gebeur toe ons kinders, seun en dogter nog in die huis was. Jy is nog jonk en kan nie nou al uitgebrand wees nie, die lewe le nog voor,ek stel voor dat jy en jou man of as jy verkies alleen na jul dokter gaan en die saak aan hom verduidelik, ek is seker hy sal jou (julle) kan help. Vrouens werk tien keer harder as mans (weereens sorry ouens ) maar dit is ''n feit soos ''n koei.My vrou doen al haar huiswerk ook self.

Reply to xyz
Posted by: Vaaitjie | 2012-02-15

Klink meer vir my dat die mans nou die skuld gegee word omdat ons nie finanseel kan sorg vir die gesinne nie??


Reply to Vaaitjie
Posted by: *** | 2012-02-15

Eks so bly dat ek nie die enigste een is wat so voel nie. Dit is nie lekker om jou man so ongelukkig te sien nie, mar moet mens teen jou wil dan seks he? Want dis hoe dit gan wees. Ek verstaan dit nie. Ek wens ekt ook hormone soos n man, dan was seks seke nooit n probleem nie.

Reply to ***
Posted by: Jip dis waar | 2012-02-15

Ek stem 100% saam met Jana en Sanna.
Mans kan nie die ding verstaan nie.
As ek kon tuis bly en my man kon vir die gesin finansieel sorg, sou ek hom ook groet met n lekker koppie koffie as hy tuis kom. dan n gesonde gekookte ete by die eetkamer tafel (nie viir die TV) nie, saam met die gesin, peoding ook !!
Dan bed toe met die kinders wat klaar gebad het en huiswerk gedoen en nagegaan is. Skoon huis, rustige atmosfeer.
Dan, terwyl hy rustig TV kyk sal ek gou die biekie skottelgoed doen, biekie gesels, sorg dat sy klere reg is vir more, lekker bad en dan....... NET wat hy wil he.........
More oggend vroeg, ontbyt innie bed............. en dalk nog " iets" .
Maar nou ja............... nou MOET ek werk en hy kry sommer so n suur trek op sy gesig as ek net WAAG om te se dat ek wens ek kon biekie by die huis bly. Ek spandeer nie n sent van my salaris op myself nie, net kos en kinners en kar en petrol en en en. Jaag stres sukkel werk en weer werk tuis.
Nee, mans is nie meer mans nie....

Reply to Jip dis waar
Posted by: Vaaitjie | 2012-02-15

Jislaaik nou ees 30 en slegs 7 jaar getroud!!!!

Doen hulle ooit dinge saam, net julle 2, sonder kinders, FLIEK, DANS, OPPIE STRAND LOOP, ROMANTIESE UITEET?

Reply to Vaaitjie
Posted by: Jana | 2012-02-15

Dis die hele probleem. Hy is n dierbare man en pa vir my kids, hy help my elke aand in die huis. Maar eks nogsteeds moeg en lam en tam en dis vir my vreeslike moeite,dis hoekom ek wil weet of daar enige iets is wat ek kan gebruik? Want dit voel asof ek stok oud is, eks nou ees 30. Hoekom voel ek so? Ekt glad nie n behoefte daaraan nie. is daar fout met my?

Reply to Jana
Posted by: Vaaitjie | 2012-02-15

Wel maak tyd Jana en Sanna, hels bells!!!

Kry jul mans se gatte in rat en laat hulle help met die huiswerk en die skoolwerk ensovoorts!

Reply to Vaaitjie
Posted by: Jana | 2012-02-15

Ekt nie jou sarkasme gevra nie, ekt raad gevra, Vaaitjie, en Gert.As jy nie n ordentlike antwoord kan gee nie, hou dit vir jouself. Geen wonder vrouens is nie in die mood nie, want julle mans dink net aan seks.

Reply to Jana
Posted by: Vaaitjie | 2012-02-15

Ek stem saam Gert.....ek sal ook niks daarvan laaik om te weet al rede ohoekom my vrou nou wil spyker is omdat sy een of ander jaags maak middel gevat het....ek trek liewer draad!!

Reply to Vaaitjie
Posted by: Gert | 2012-02-15

En julle is die vrouens wat eerste huil as julle mans rond slaap.

Reply to Gert
Posted by: Sanna | 2012-02-15

Ek voel net soos jy.

Werk `n vol dag en dan as jy by die huis kom, dan begin die 2de skof - kosmaak, kinders ens.

Naweke is kort en dan moet jy rondry winkels toe en dinge in die huis doen, waarvoor jy nie kans kry deur die week nie.

Ek voel persoonlik dat huwelike baie onder " vandag se lewe"  lei. As vrouens by die huis kon bly, dan sou dinge anders gewees het. Dit is baie gejaagd en stressvol om voltyds te werk en `n ma en `n vrou vir jou man te probeer wees.

Jy kon gekook het deur die dag en as manlief instap, sy bord kos gereed gehad het. Teen daai tyd sou jy ook al die kids kon help met huiswerk. Jy kon dan al jou aandag en energie aan hom spandeer het.

Ek sit in dieselfde bootjie - ons kan nie bekostig dat ek by die huis bly nie, as dit maar net so maklik was.

Reply to Sanna
Posted by: Jana | 2012-02-15

Om jou vrae te beantwoord, ek werk van half agt tot vyf. Ekt twee kinders wat in die skool is, so dis huiwerk en kosmaak ens. Ekt nooit krag of die lus vir seks nie, hoekom is dit so groot issue vir mans? En hoekom voel die meeste van die vrouens of seks n werk is en nie n plesier? Ons is n baie gelukkige gesin, dis net altyd die seks wat n probleem veroorsaak.

Reply to Jana
Posted by: xyz | 2012-02-15

Jy noem nie die ure wat jy werk nie, werk jy naweke, watse werk doen jy. Jy se dat julle altyd in finansiele meoilikheid is, maar altwee werk, moet julle nie na dit kyk wat julle uitgee en besnoei waar julle kan nie. Seks is belangrik in die huwelik, baie sal se nee,dit is nie, maar jy moet onthou ons mans het ook ''n behoefte.Miskien moet jy weer skryf en van die vra uitwys, nie dat ek wil vis nie , maar net miskien kan daar ''n oplossing wees.

Reply to xyz
Posted by: XXX | 2012-02-15

Stress is probably the culprit in your situation.You need to find time to get out and have some fun,whether it be sport or coffee with friends etc.
You also need to find quality time to be with your husband,go to a movie or periodically go away for a night without the kids.You can even have a date night at home where you have a braai with the kids etc,enjoy each others company with a glass of wine etc.It can be on the understanding that it will lead to sex on that night.
You both have to make time to re-kindle your sex life otherwise your marriage will become very vulnerable.
Good luck

Reply to XXX

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement