advertisement
Question
Posted by: Chanel | 2013-02-13

neusie vervel

Hallo

Ek het net gewonder of dit normaal is vir ''n kind se neusie on so gereeld te vervel. Ek besef die son is deesdae erger as wat ons dit beleef het as kinders. My kind is 5 jaar oud. Baie buite en sy het ''n uiters ligte vel met spierwit haartjies. Haar neusie is permanent rooi en besig om te vervel. Moet ek haar na ''n vel spesialis toe vat of maar net meer gereeld sonroom aansmeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Chanel

Jy kan haar na 'n velspesialis toe neem, maar ek stel voor dat jy haar teen die son beskerm met 'n hoed en sink oksied salf. Maak ook seker dat die sonskerm die hoogste faktor het en UVA en UVB bestand is. Dit is baie gevaarlik vir haar om gereeld sonbrand op te doen. Ongelukkig is daar nie meer enige veilige tyd gedurende die dag om in die son te wees nie. Die son is net so skerp 06h00 in die oggend soos 12h00 in die middag. Wees baie bewus daarvan om sonbrand te voorkom, aangesien Suid-Afrika die hoogste insidensie van melanoom kanker het.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement