advertisement
Question
Posted by: Michelle | 2009-08-18

Neus wat bloei..?DR help asb!

Hi daar..ek het erg sinus die winter..het selfs die " flush"  met engelse sout, koeksoda probeer..maar net soos DR voorgestel het net 1x dag vir nie langer as 3 dae nie..het dit begin Julie vir 3 dae gedoen..
Spuit Kleer Nase..en octravin (die een wat bevogtig ook is nie seker van die naam nie)en drink Adco sinal co en Sinugesic..en Advil CS..
My neus het die begin van die maand begin bloei..nie sodat jy dit toe moet druk nie maar daar is bloed as ek my neus liggies blaas..MY NEUS HET NOG NOOIT VOORHEEN GEBLOEI NIE..!
Simptome..
Bloed in neus..
Hoofpyn tussen oe..
seer regter oor..
soms van ballans af en duislig..
as kop skielilik draai = bietjie naar..
drup wat hoes veroorsaak.
HET ALLE MEDIKASIE GESTAAK EN SPUIT OOK GLAD NIE MEER NIE..
Bloeddruk gister middag geneem was 120 oor 70 ..HOOG VIR MY..dit is altyd so 100 or 60..
**Hoe lank sal die bloeding vat om op te hou nadat ek alle medikasie gestaak het..?
**Kom die bloed van are in my neus of hoer op..? want as ek
iets in my neus druk is daar nie altyd bloed nie..net as ek liggies blaas..?
**Kan die medikasie en neus sproei my neus te droog maak en my bloeddruk hoer maak..?
Gaan geen bloed verdunning medikasie gebruik nie net Parasitimol..
Het al anti-allergiese pille gedrink..geen verligting gekry nie..!
Raad nodig asb..

Dankie..Michelle 18/08/209 06h58

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Michelle
Dit klink vir my of jy dalk bietjie sinusitis het. Die Bloeding kan wees omdat die Otrivin die neusslymvlies te veel uitgedroog het en die sinusse is dalk ook ontsteek. Die neusdruppels en Advil/sinusmedisyne kan jou bloeddruk bietjie opstoot. Bloeding in die neus kom gewoonlik van of die sinusse of die bloedvate op die neusseptum.
Gaan sien asb jou dokter - jy het dalk 'n kort kursussie kortisoon en Antibiotika nodig. Spoel ook 2 maal per dag met soutwater ( 1/2 teelepel sout op 1 koppie water verkieslik gekook en afgekoel) - dit sal slym uitspoel en ook die slymvliese bevogtig.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Letitia | 2016-06-28

Hello DR ek sukkel met n neus wat bloei het nog nooit voorheen so n probleem gehad nie daar na het ek n vreeslike hoofpyn wat tot in my nek intrek en is naar en voel sommer dan baie sleg sodat ek moet gaan le kan u my asb se wat dit kan wees gebruik ook geen medikasie behalwe my antideprisantte hoop u kan my help lekker daggie vir u verder

Reply to Letitia
Posted by: Susan | 2013-04-08

Ek het 'n kleinseun van 2 jaar oud. Sy neusie bloei vreeslik baie - sommer so in die slaap en amper elke nag. In die ou dae het die mense Dr Williams se pille gebruik maar weet nie of mens dit meer kry nie - wat kan ons gebruik of wat moet ons doen?

Reply to Susan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement