advertisement
Question
Posted by: Amelia | 2010/10/04

Neus Poliep

Goeie dag,
EK het n ONK spesialis gaan sien omdat ek kronies sinusitus het. Hy se ek het poliepe en het medisyne(neus sproei ens.) gegee en gese om oor 6weke terug te kom en dan sal hy besluit of hy moet opereer. Ek is baie bang. Sal u dit voorstel om te gaan vir die operasie. Ek het ook ''''n mangelres wat hy dan wil uithaal en dan ook ''''n vorige neus fraktuur wat hy sal regmaak. Dink u dit sal ''''n verskil maak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagezENT Expert

Beste Amelia

Poliepe is groeisels wat in die neusholte ontstaan gewoonlik as gevolg van oormatige inflammaatoriese response van die slymvlies op jou ongewing. Die groote van die poliepe bepaal of mens vinnig iets moet doen, aangesien dit in sommige gevalle die hele neusgang kan toedruk, en dus asemhaling beperk. Die neussproei bevat natuurilik kortisoon wat die poliepe mag krimp, of selfs mag laat verdwyn. Redes vir uithaal is die volgende:
1. Obstruksie van die lugweg wat nie reageer op medikasie nie.
2. Unilaterale poliepe (net aan die een kant)
3. Ongewone voorkoms
Die realiteit is dat poliepe altyd kan terugkeer, en dat chirurgie dan weer benodig word, dit is egter belangrik om dit tog maar te verwyder om ten minste die poliepe histologies te laat ontleed. Sommige het 'n fungale komponent, dit vereis chirurgie aangesien die probleem sal vererger, en hierdie poliepe unilateraal voorkom. Sommige toon wel 'n allrgiese beeld, maar persone war nie allergies is nie, mag ook poliepe kry. Dit is belangrik dat die poliepe so volledig moontlik uitgahaal word, aangesien sommige tot teen die skedeldak mag strek. Jou ONK kan dit met jou bespreek. Iemand met endoskopiese skedelbasis ondervinding is hier van waarde. Die "neusfraktuur " verwys natuurlik na 'n skewe septum, dit word net herstel as die pasient daaroor kla, Naamlik neusobstruksie. Baie mense word gebore met 'n skewe septum en dit pla nie, dus hoef dit nie herstel te word nie.
In jou geval mag dit dalk nodig wees sodat jou chirurg goeie toegang tot beide neusgange kry tydens chirurgie.
Wt betref die mangelres, haal mens dit net uit as dit joulaat sukkel, maw jy kry weer tonsillitis.
Ek stal voor jy bespreek dit alles met jou chirurg.
Baie sterkte

Groete

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement