advertisement
Question
Posted by: Hestia | 2011/05/11

neus

Hi Dok. Ek het die 11de April 'n subtotale neus rekonstruksie ondergaan. Hulle moes die bene van my neus breuk. Die spesialis het ook die terbinate (nie seker van naam) in my neus kleiner gesny aangesien dit vergroot was.

Alles het goed afgeloop. Maar ongelukkig het ek Maandag 9de Mei 'n ligte hou op die punt van my neus weg. Sedertdien is dit asof my neus weer meer toe is. Ek het 'n opvolg afspraak gehad met die spesialis vir die 19de maar hy is ongelukkig nie meer beskikbaar op daardie datum nie.

Moet ek hulle vra om 'n plan te maak dat ek hom kan sien? Of kan ek maar wag tot die 14de Junie wanneer my afspraak nou is. Ek is nie seker of die neus nou net bietjie geswel is binne en of dit weer beter sal gaan nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hestia

Dit is moontlik dat dit geswel is en jy kan Myprodol gebruik om die swelling te verlig. Dit is nie 'n noodgeval nie en ek stel voor dat jy wag vir jou opvolg besoek by die spesialis.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement