advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2012-11-01

Q.

Nek en skouer pyne

Beste Dr, ek het lanklaas klagtes gehad maar nou vir die afgelope week die volgende:
Ek kry ''n intense pyn in my regter kakebeen wat afbeweeg my nek laat styftrek en in my skouer in gaan en dan my arm verlam, wat op aarde kan dit wees, dit is regtig baie seer en ek het my byna doodgeskrik wat dit het in bad gebeur en ek was nie in staat om vir paar minute enige iets te doen, moes net daar sit totdat dit bedaar het, het vanoggend reeds twee keer gebeur.
Baie dankie dok, lekker dag. Ek is 50jr oud en gesond drink net bloeddruk pilletjie Zartan 100 soggens.
Baie dankie
Groete
Charlotte

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Ek stel voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek konsulteer. Jou dokter moet die moontlikheid van 'n beroerte uitskakel. Beroerte presenteer nie gewoonlik met pyn nie, maar die verlamming is kommer wekkend. Hy/sy kan ook x-strale van jou nek neem om nekspierspasma of drukking op die senuwee van die werwels van die nek uit te skakel.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement