advertisement
Question
Posted by: René  | 2011/04/07

Nek- en Heuppyn

Hello Dok

Ek sukkel al vir ongeveer twee jaar met pyn in my pubus area, soveel so dat ek soms nie die pedale van my motor kan intrap nie of enigsins trappe kan klim nie. Die fisioterapeut het gesê  dat my ''essie/issie'' uit was en my daarvoor behandel. Die pyn in die pubus area is nie meer so pynlik nie maar ek kan nog steeds nie ver stap nie of snags op my sye slaap nie want dit veroorsaak geweldige pyn.

Ek kry ook geweldige pyn in my lae rug sodat ek nie op my rug kan slaap nie, nie lank kan staan nie en wanneer ek op my rug lê  en my bene rek, kry ek verskriklike pyn in die lae regter- of linkerkant van my rug afhangend van watter been ek rek.

Ek sukkel ook met erge daaglikse hoofpyne, wat ek seker is deur my nek veroorsaak word. Ek kry erge spasma in my nek wat in my regter arm afgaan. Ek let op my postuur, het my kussing al vervang met ''n Therapeutic, was al by ''n aantal fisioterapeute en chiropraktisyns. Terwyl ek vir die behandeling gaan, is die pyn beter maar as ek vir 2 weke nie behandeling gehad het nie, is die pyn onuithoubaar.

Ek klink soos ''n regte krok, maar het u dalk enige raad of waar kan ek aanklop vir hulp? Ek woon in die Pretoria Oos area.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageOrthopaedic Specialist Forum

Beste Rene,

Jy moet 'n rheumatoloog sien om die diagnose te maak en die korrekte behandeling vir jou te gee

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Orthopaedic Specialist Forum | 2011/04/07

Beste Rene,

Jy moet 'n rheumatoloog sien om die diagnose te maak en die korrekte behandeling vir jou te gee

Reply to Orthopaedic Specialist Forum

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement