advertisement
Question
Posted by: Anon | 2012/05/25

Negatief

Hi Dr

Ek is van nature maar n baie negatiewe mens, ek moet myself gedurig herinner om te probeer meer positief wees maar as ek weer sien dan verval ek maar weer in negatiwiteit. Die mense naby my soos my man is die enigste wat dit sal opmerk, ek wys dit nie gewoonlik vir ander nie. Maar daar is sekere tye wat ek heel OK en normaal is, en ander tye wat ek amper bietjie depressief is, en ek wonder of dit nie dalk hormonaal kan wees ook wat veroorsaak dat ek sekere tye net nie lekker is nie. Ek het nog nooit van my persoonlikheid gehou nie, dit is een van die groot redes hoekom ek gewoonlik sleg voel oor myself in sulke tye. Ek probeer so hard, maar my persoonlikheid kan ek nie verander nie en ek maak moeilik vriende, ek het eintlik niks vriende nie al probeer ek so hard as wat ek kan om nice te wees met mense, ek het nou eenmaal net nie n tipe persoonlikheid wat mense van hou nie, ek is presies en wil altyd reg wees en het nie n warm persoonlikheid nie. Ek dink meeste van die kere wat ek ''depressief'' voel, gebeur gewoonlik rondom maandstonde tyd. Ek het gewonder of daar dalk iets kan wees soos n toets om te sien of ek hormonaal dalk te veel van n sekere hormoon kan he, en of daar dalk n soort hormoonpil kan wees wat ek saam met mye Mirena inplanting kan gebruik?

Baie dankie

Anon

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel sterk voor dat jy 'n psigiater konsulteer vir 'n evaluasie. Hy/sy sal ook bloedtoetse kan doen om vas te stel of jy 'n hormoon wanbalans het en of jy slegs simptome van depressie toon. Afhangende van die diagnose, sal hormoonvervangingsterapie of 'n anti-depressant voorgeskryf kan word. Die psigiater sal jou ook kan help om jou selfbeeld te verbeter en om meer positief na die lewe te kyk.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement