advertisement
Question
Posted by: Annemarie | 2011/01/19

Naweke ete idees

Hallo Julle
Naweke is vir my n groot challenge.
Hoe eet julle oor naweke? Ek maak nie kos soos deur die week nie en naweke peusel ek te veel. Skaal staan natuurlik doodstil. My eie skuld. En dan natuurlik is dit vir my n groot opoffering om NEE te se vir n wyntjie - semi soet witwyn.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Annemarie
Ooreet oor naweke en vakansies is een van die groot probleme wat verslankers ondervind. Daar bestaan die idee dat omdat mense oor naweke ontspan, hulle nou ook ten opsigte van hul verslankingsdieet kan oortree. Menslike, maar uiters onproduktief, aangesien sulke persone maklik al die harde werk van die week kan tot niet maak deur op 2 uit 7 dae uitbundig te eet en te drink. Al wat ek kan voorstel, is dat persone wat hierdie neiging het, 'n besluit neem om nie van hul dieet af te wyk nie wanneer hulle oor die naweek ontspan. Miskien sal dit help om ten minste elke dag vir 30 min of langer te gaan stap om hierdie neiging teen te werk - die stap sal jou herinner dat jy poog om gewig te verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Wannabe Foodie | 2011/01/20

Jy kan die wraps by meeste supermarkte kry, bv Pick& Pay, Checkers, en by Woolworths, Spar, ens. Dis nie regtig soos ñ  pitabroodjie nie- dis ñ  plat ding, amper soos ñ  pannekoek (dit word ook ñ  tortilla genoem - google dit gerus en kyk) wat mens in die oond of mikrogolf verhit vir ñ  baie kort tydjie, dan met iets smeer as jy wil, ñ  genoegsame hoeveelheid vulsul in die middel skep en dan toevou en " oprol"  sodat dit net bo oop is.

Reply to Wannabe Foodie
Posted by: Annemarie | 2011/01/20

Baie dankie vir jou bydrae. Ek gaan dit beslis probeer. Waar koop jy die wraps? Is dit amper soos n pita broodjie?
Sterkte vir jou ook!!!!

Reply to Annemarie
Posted by: Wannabe Foodie | 2011/01/20

Hi Annemarie!

Oor naweke is ek nogal lief vir wraps maak - dis vinnig en gesond! Ek gebruik wholewheat wraps, smeer dit met ñ  lagie avo of Dijon mustard en vul dit met bv stukkies hoenderborsies wat vinnig (5-10min) ge-stir fry is, miskien ñ  paar boontjies (bv red kidney beans), slaaie (kropslaai/rocket, gekapte tamaties en komkommer, peppadews, gerasperde wortel, wat ook al!) met laevetslaaisous, vars gemaalde peper, vars koljander of basil en soms bietjie Tobasco vir byt. Dis min moeite en baie bevredigend! En daar''s SOVEEL verskillende kombinasies van vulsels wat jy kan probeer...!

Ag, dis maar een idee, maar ek dink jy sal dit kan geniet, so dis my bydrae.. :-)

Probeer dit dié  naweek en laat my/ons weet wat jy dink!

Reply to Wannabe Foodie
Posted by: DietDoc | 2011/01/20

Beste Annemarie
Ooreet oor naweke en vakansies is een van die groot probleme wat verslankers ondervind. Daar bestaan die idee dat omdat mense oor naweke ontspan, hulle nou ook ten opsigte van hul verslankingsdieet kan oortree. Menslike, maar uiters onproduktief, aangesien sulke persone maklik al die harde werk van die week kan tot niet maak deur op 2 uit 7 dae uitbundig te eet en te drink. Al wat ek kan voorstel, is dat persone wat hierdie neiging het, 'n besluit neem om nie van hul dieet af te wyk nie wanneer hulle oor die naweek ontspan. Miskien sal dit help om ten minste elke dag vir 30 min of langer te gaan stap om hierdie neiging teen te werk - die stap sal jou herinner dat jy poog om gewig te verloor.
Groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement