advertisement
Question
Posted by: landi | 2009/04/18

natural hormone replacement

Hi doc,
weet nie of ek hierdie vraag vir u of Gynae doc moet vra nie. ek het ' n histerectomy gehad en my eierstokke is ook uitgehaal. Ek het baie groot vergroeisels gehad. Sal eers volgende week weet of die vergroeisels kwaadaardig is. Ek moet nou ' n hormoon pil drink elke dag. Ons het ' n familie geskiedenis van kanker en borskanker en ek het gehoor die hormoon pille die kanse vir kanker kan verhoog. Is daar enige natuurlike middels / dieet wat ek eerder kan probeer. Ek is maar 37 jaar oud. Ek het iewers gelees dat flax seed warm gloede kan beheer. Sal ' n kalsium aanvulling help vir osteoperose - soos bv. Caltrate plus. Calsium 600mg en magnisuim 40 mg. Hoe word kalsium die beste geabsorbeer.
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Landi
Ek is so jammer om te verneem van jou histerektomie en hou styf duim vas dat alles pluis gaan wees met die uitslae. Dit is belangrik om die hele saak van vroulike hormoonaanvulling met jou eie ginekoloog te bespreek aangesien jy noem dat julle familie 'n geskiedenis van borskanker het. Daar is wel plantaardige produkte wat van "yams" of sojabone gemaak word, wat blykbaar help vir die warm gloede, maar of dit toegelaat word met die familiegeskiedenis van kanker, weet ek nie. Gesels dus gerus met jou ginekoloog want dit belangrik dat jy wel iets kan gebruik om al die newe-effekte van die histerektomie te bekamp. Kalsiumaanvullings kan wel help om osteoporose te verhoed, maar dit jongste navorsing dui aan dat ons kalsium plus vit D en vit K2 moet gebruik om seker te maak dat die kalsium wel in die skelet gedeponeer word en nie in die are nie! Daar is kalsiumaanvullings soos Mena.Cal.7 wat al 3 die voedingstowwe bevat. Jy kan ook jou daaglikse kalsium en vit K van 'n gewone gebalanseerde dieet verkry wat 3 porsies vetvrye melk of jogurt (vir die kalsium) bevat en baie groen groente (vir vit K2). Blootstelling van die vel vir 20 min per dag aan sonlig sal jou liggaam in staat stel om al die vit D te vervaardig wat jy nodig het.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: ani | 2015/09/22

HELLO HOOP IEMAND KAN MY HELP ASB IS DAAR DALK HORNMOON PILLE WAT MY SAL HELP DAT MY BORSTE GROEIE? EKS 24 EN IS SO PLAT SOOS N MAN TWNSPUITE DAT EK N MAMMA IS

Reply to ani
Posted by: DEBBIE | 2013/05/03

HI EK IS 28 JAAR OUD EN KRY ELKE DAG SO IN DIE MIDDEL VAN DIE DAG SOMER OF WINTER HIERDIE BAIE ROOI WANGE WAT VUURWARM IS EN SOMTYDS SIT DIT MY NOGAL IN DIE OE.HELP ASB WAT KAN EK GEBRUIK DAARVOOR?????????? EK HAAT DIE ROOI WANGE

Reply to DEBBIE

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement