advertisement
Question
Posted by: M v Pta | 2008/07/15

Q.

Nagsweet

Dagsê
Ek is 36 jaar oud.Gebruik bloeddrukmedikasie en is onlangs met 'n ystertekort gediagnoseer.My probleem is egter dat ek die afgelope 3 weke tot vier keer 'n aand wakker word en papnat gesweet is.Dit raak nou so erg dat ek die beddegoed moet omruil so nat gesweet is ek.Kan u miskien vir my sê wat u dink dit veroorsaak.Dankie

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Hallo Mv Pta
Nagsweet kan veroorsaak word deur hormoonveranderings soos in menopause, infeksie siektes soos TB, malaria , en sekere kankers kan dit ook veroorsaak. Op jou ouderdom dink ek jy moet liewer vir ‘n goeie mediese ondersoek gaan veral as dit net snags gebeur, want hierdie oorsake moet uitgeskakel word met toetse – ten minste ’n long x/straal en basiese bloed toetse.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement